Het jy gehoor?

Ontwerper word akteur

Cannes-gangers was verstom toe hulle die Franse ontwerper, Christian Audigier, se naam op ’n rolprentplakkaat op die Carlton Hotel se muur sien.

Five Thirteen in Cannes

Hy speel in ’n nuwe klein-begroting-film, Five Thirteen. Hierin vertolk hy ’n Franse entrepreneur teenoor Tom Sizemore (Saving Private Ryan). Hy het ook onlangs klaar verfilm aan nóg ’n rolprent, Death Squad, waarin hy ’n skobbejak speel wat pas uit die tronk vrygelaat is.

Toe The Hollywood Reporter Christian oor sy films uitvra, het hy dít sy ‘tweede beroep’ genoem. “Ek dink dit het nou afgeskop,” het hy gesê.

Kyk hier na die lokprent van Five Thirteen: