Het jy gehoor?

Oulike sleutelhouers

Dis ’n verlenging van hul vorige seisoen se reeks hondesleutelhouers. Die fyn detail is ongelooflik. Dit is so spesiaal, jy kan dit selfs aan jou handsak hang. Dis wel duur – dit gaan jou R1 960 uit die sak jaag – maar die vakmanskap slaan jou asem weg. En vir dié wat nog altyd ’n Gucci-item wou besit – dis meer bekostigbaar as ’n handsak!

Vir meer inligting, skakel 011 784 2597 of 021 421 8800. Of besoek die internasionale webtuiste: www.gucci.com