Het jy gehoor?

‘Township’-modes kom stad toe

Die Township Boetiek maak op 6 Desember 2010 in die Cape Quarter, De Waterkant oop. Daar sal klere en onder meer bandanas (R95), skoene (vanaf R400) en handsakke (vanaf R950) te koop wees. Alles die handewerk van Kaapse vroue, en gemaak van katoen wat in Afrika geproduseer word en nie geneties gemanipuleer word nie (nie-GM-katoen). 

Die boetiek is die vlagskipwinkel van Township Patterns, ’n bemagtigingsonderneming wat werk verskaf aan sowat 70 vroue. Die onderneming het ’n jaarlikse omset van meer as R10 miljoen en is geakkrediteer by die World Fair Trade Organisation. Township Patterns, wat vandag ’n sterk en eg Suid-Afrikaanse handelsmerk is, is die geesteskind van Nicole-Marie Iresch.

Vir meer inligting, besoek www.township.co.za of skakel 021 422 4828 of 021 418 0388