pe005
Het jy gehoor?

Penelope se denims

Sy’t daar opgedaag met jeans en ‘n baadjie. Want sien, denim is ‘n stylvolle item wat perfek pas by die nuwe neiging om nie op te dress nie, maar áf: “dressed down”.

En jeans is vir almal, want daar’s ‘n snit wat enige lyf pas. Kyk maar na die nuwe reeks met daardie loslit-gevoel wat einste Penelope en Monica Cruz saam met Mango ontwerp het. Vir meer inligting: 011 783 7907, 021 418 0916, www.mango.com

Wyepyp – perfek vir breë heupe.

Stewelpyp – maak  mooi kurwes nog mooier.

Noupyp – die regaf-figuur word sexy.

Regafpyp – die perfekte kombinasie tussen stewel- en noupyp.

Ons hou ook van die denim-webtuiste van Ronald Sassoon: www.ronaldsassoon.com. Hier kry jy ‘n kykie binne-in Ronald se woonstel – hy nooi jou sy studeerkamer in, sy kombuis, leefarea, selfs sy slaapkamer.