Cara Delevigne
Het jy gehoor?

Pragtige mode-fliek met Cara Delevingne

Dis nie ‘n geheim dat die wêreldbekende model Cara Delevingne ook ander talente het nie. Nou het sy die kans gekry om haar toneelspeelspiere te oefen …

Die modehuis Fendi is bekend vir die ikoniese reghoekige skouerhandsak, The Baguette. Nou is die  ontwerper Karl Lagerfeld ingespan om ‘n mode-fliek te maak vir hul nuutste reeks wat op 11 September bekend gestel word.

Klik hier om die liedjie te luister wat Cara op geneem het!

Cara Delevigne

Die 20-jarige Cara Delevingne, wat die modewêreld aan haar voete het, en die model Saskia de Brauw speel in dié kortfliek. Dis ongeveer 7 minute lank en is in Rome geskiet.

 

Ons het ‘n voorskou van die prent opgespoor vóór die bekendstelling – kyk hier na die lokprent.

Waarom Fendi?

Fendi is bekend vir baanbrekerwerk met pels en leer. In 1965 het Fendi ‘n opwindende maar tog onbekende ontwerper, Karl Lagerfeld, aangestel. In 1977 het dié luukse modehuis hul eerste klerereeks bekend gestel deur ‘n kortprent te gebruik – die eerste modehuis wat dit op dié manier gedoen het.

Lees hier van Fendi se nuutste parfuum!

In 2007 het Fendi wéér geskiedenis gemaak deur ‘n modevertoning op die Groot Muur van China te hou. Met Fendi se ryk geskiedenis in die modewêreld, gaan dié kortprent beslis een wees om te onthou.

*Hou SARIE.com dop – ons sal jou laat weet wanneer dié fliek beskikbaar is.