Het jy gehoor?

Prinses Charlene sexy vir Suid-Afrika

Saterdagaand was sy glansryk in ‘n noupassende goudkleurige rok van kantpatroon by die South Africa Night by die Monte Carlo Operahuis en in die geselskap van haar prins, Albert, haar pa Mike, Le Zoulou Blanc (“Wit Zoeloe”) Johnny Clegg en selfs “James Bond”, Sir Roger Moore.

Dié geleentheid het die weeklange ‘Touch of Africa‘-fees in Monaco afgeskop.

Net die volgende dag het sy koninklik, klassiek haar stoel ingeneem in die voorste ry van modehuis Akris se modevertoning by die Parys Modeweek. Die prinses het al amper ‘n muse geword vir ontwerper Albert Kriemler van Akris. Hy het haar ook vir dié jaar se Oscars geklee.