Het jy gehoor?

Nog ‘n Spaanse inval

Pronovias is een van die grootste internasionale name as dit kom by trourokke, met winkels in meer as 75 lande. Die reeks sluit aandrokke en bykomstighede in. Hulle word gekenmerk aan hul modieuse aanslag en treffende ontwerpe.

Die Sandton-winkel is is pragtig ruim met luukse aanpaskamers vol lig, besonderse spieëls en meer as genoeg plek vir die bruid en haar hele gevolg om die spesiale oomblikke saam met haar te geniet.  Behalwe vir die Pronovias-ontwerpe, is daar ook items van die rooitapyt-ontwerper Elie Saab besikbaar.

Die trourokke wissel tussen R10 000 en R200 000. Die res van die gevolg se rokke wissel tussen R3 000 en R15 000, afhangende van die materiaal en ontwerp.

Vir meer inligting, besoek Pronovias by www.pronovias.com of skakel die winkel by 011 784 2000.