Het jy gehoor?

Roberto Cavalli se nuwe sonbril

Dit is geïnspireer deur die Occhio degli Dei (Eye of the gods) van Roberto Cavalli Eyewear se eerste reeks deur Marcolin (‘n Italiaanse bril-maatskappy).

Die sonbril is bekikbaar in twee kleurvariasies: een warm met pienkgoud en ivoorslangvel-leer en ‘n koeler, skerper ligblou weergawe met eksklusiewe hemelsblou flitsspieël-lense.

Roberto Cavalli, een van die wêreld se voorste modeontwerpers, het ‘n nuwe afdeling aan die 40ste herdenking toegewy op sy webtuiste, www.robertocavalli.com.

Die Roberto Cavalli Dea-sonbril (prys op aanvraag) is vanaf Oktober 2010 in SA beskikbaar. Vir meer inligting, kontak Carl Zeiss Vision SA by 011 538 4309.