Lupita saam met aktrise Cate Blanchett. FOTO: Instagram (@lupitanyongo)

Lupita saam met aktrise Cate Blanchett. FOTO: Instagram (@lupitanyongo)

Het jy gehoor?

Rok-voorspellings vir die Oscars PLUS ons kies die sterre se SA eweknieë

Die groot aand is om die draai. En byna net so belangrik soos wie almal met Oscar-beeldjies gaan wegstap, is wat die modes op die rooi tapyt gaan wees. Die Academy Awards is jaarliks ’n spoggerige affêre en dié modes bepaal wat ons die res van die jaar op die rooi tapyt gaan sien.

SARIE se modespan gaan elke dag voorspellings gee van wat húlle dink die benoemde aktrises op die aand van 2 Maart gaan dra. Stem jy saam met hul voorspellings? PLUS ons kies dié talentvolle aktrises se Suid-Afrikaanse eweknieë.

Lupita Nyong’o

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Hierdie is ’n groot jaar vir Lupita. Dit is die eerste keer dat sy in ’n film speel wat so baie aandag trek. Sy speel in 12 Years A Slave en is benoem vir Beste Ondersteunende Aktrise.

Lupita se styl

Lupita weet presies watter kleure en style om aan te trek om op haar mooiste te lyk.

Sy kies simplistiese silhoeëtte en helder kleure wat pragtig lyk by haar fietse lyf en donker vel.

Wat gaan sy dra?

Ons dink hierdie rok van Prabal Gurung sal perfek by haar pas! Die kleur en die regte kombinasie van detail en sagte, vloeiende materiaal, sal almal se aandag trek.

Prabal Gurung. FOTO: Instagram

Prabal Gurung. FOTO: Instagram

Lupita se rokkeuse die afgelope paar maande:

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Cate Blanchett

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Cate Blanchett is benoem vir haar hoofrol in die film, Blue Jasmine.

Cate het reeds baie toekennings ingeryg vir dié rol en die kanse is groot dat sy ook met die Oscar sal wegstap.

Cate se styl

Cate is elke haute couture-ontwerper se droom, omdat sy die uitrustings met grasie dra.

Sy is bekend vir haar gewaagde modes – sy kies gewoonlik rokke wat nie baie ander sal nie. Sy kies gewoonlik neutrale kleure om haar porseleinvel nóg mooier te laat lyk.

 

Wat gaan sy dra?

Ons dink dié rok van Giambattista Valli sal pragtig by Cate lyk.

Giambattista Vali. FOTO: Instagram

Giambattista Vali. FOTO: Instagram

Cate se rokkeuse die afgelope paar maande:

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Lupita en Cate se Suid-Afrikaanse eweknieë

SA se Elana Afrika herinner ons aan Lupita – Elana het self só gesê!

Rika Sennett se kennis van die industrie en hoe geliefd sy onder haar aanhangers is, herinner ons aan die aantrekkingskrag van Cate.

Die rooi tapyt van die toekenningseisoen op SARIE.com