sr1203_60sekondes01
Het jy gehoor?

SA model Katryn Kruger ‘n sensasie in Parys

Haute 
couture is die toppunt van die modebedryf, waar dit gaan oor eksklusiwiteit, die asembenemendste ontwerpe, die fynste handwerk, versamelstukke vir die heel rykstes.

Dié modeparades is elke model se droom. Niemand anders nie as Katryn het so pas die vertoning van Valentino se Haute Couture Lente/Somer 2012-reeks by die Paryse Modeweek geopen én afgesluit.

Sy het ook op die loopplanke verskyn vir top-ontwerpers Giambattista Valli en Elie Saab.

Dis dié grootste kompliment vir ’n model, en iets wat net die heel groot name soos Kate Moss en Claudia Schiffer beskore is.

VALENTINO HAUTE COUTURE

Katryn Kruger vir Valentino Haute Couture

GIAMBATTISTA VALLI

Katryn Kruger vir Giambattista Valli

  • michéle opperman

    Hierdie meisie gaan GROOT hoogtes bereik (inteendeel sy het alreeds!) U GO KATRYN!!