28
Het jy gehoor?

Kaapse model in Prada se nuwe advertensieveldtog

Die pragtige Katryn het met die intrapslag top-modehuise in die wêreld met haar ongelooflike skoonheid en grasie oorrompel. Einde verlede jaar was sy een van Givenchy se topmodelle tydens hul Givenchy Lente/Somer 2012-modeskou in Parys.

En nou is sy een van die modelle wat gekies is vir die Prada Somer 2012-advertensieveldtog. ‘n Ongelooflike sege vir ‘n Suid-Afrikaanse model wat slegs sowat ‘n jaar lank al modelwerk doen.

Die veldtog is deur die legendariese fotograaf, Steven Meisel, geskiet. Die klerereeks is geïnspireer deur motors uit die 1950’s – vandaar die outydse petrolstasie as agtergrond. Kyk ook uit vir die bekende vlampatroon wat met drag racing geassosieer word. Die interessante skoene het selfs 1950’s motorliggies in die hakke.

Dis sexy, vroulik en optimisties!

FOTO: Katryn (regs op die foto’s) in die Prada Somer 2012-advertensies

Steven Meisel het die advertensie-veldtog afgeneem