Het jy gehoor?

SA-ontwerper se swembroekstyl is Halle Berry se gunsteling

Dax (38), ‘n swembroek- en lingerie-ontwerper van Durban, is veral bekend vir sy unieke monokini (‘n eenstuk met ‘n bikini-gevoel). Hy is opgelei as tuinboukundige en was eers ‘n sanger!

In Junie vanjaar het hy op uitnodiging sy ontwerpe by die Grand Canaria-modeweek in Las Palmas op die Kanariese Eilande vertoon.

By die Mej. Wêreld-wedstryd in 2009 in SA het sy ontwerpe ook die asem weggeslaan en dis weer later vanjaar by dié wedstryd in China te sien.

Sy gewilde konsep van ‘n “bikini terwyl jy wag” werk só: Drink ‘n latte en lees ‘n tydskrif terwyl jou unieke bikini by Dax se winkel gemaak word.

Sy skeppings word in SA, Australië, Europa, Engeland en van aanstaande jaar ook in Miami, Amerika, verkoop.