candice_swanepoel_hbesp_0112a_6
Het jy gehoor?

SA “engel” pryk op internasionale voorblaaie

Dié plaaslike model pryk die maand op nie minder nie as twee glansvoorblaaie. Uit al die Victoria’s Secret Angels is sy die een wat gekies is vir die voorblad van die nuwe Victoria Secret’s swemkatalogus. Volgens die berig in The Sacramento Bee is dit ‘n hoogtepunt vir Candice:

“Dis vir my ‘n groot eer om op die voorblad te verskyn. Ek is mal oor Victoria’s Secret se swemreeks en sien elke jaar uit na ‘n nuwe katalogus in my posbus!”

Een van die wêreld se groot modetitels, Spanje se Harper’s Bazaar, het ook vir Candice gekies vir hul Januarie 2012-voorblad. Sy dra ‘n sensasionele nommer van Balmain. Besoek www.celebrity-gossip.net om die artikel te sien.

In 2011 was Candice Swanepoel die tiende beste betaalde model ter wêreld. En soos wat dinge nou staan, kan 2012 net ‘n ongelooflike jaar wees.

Kyk hier vir ‘n video van die fotosessie: