FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

SA model Candice Swanepoel kuier in die Kaap

Die Suid-Afrikaner Candice Swanepoel wat groot naam vir haarself in die mode-wêreld maak, kuier (en werk!) weer in haar geboorteland.

Deesdae is sy op die voorblaaie van Vogue te sien en is een van Victoria Secret se ‘Angels’. Maar dié Durbaniet het Amerika vir eers agtergelaat om in Kaapstad aan ‘n nuwe advertensie-veldtog vir Woolworths te skiet.

Gereed vir Suid-Afrika

FOTO: Candice is gereed vir Suid-Afrika, Instagram

 

 

Candice het gisteraand op haar Instagram-blad ‘n foto van haar groen Suid-Afrikaanse paspoort en haar oorfone wat op ‘n Michael Kors-palmtas lê, opgelaai. Dié 24-jarige model reis definitief in styl!

 

 

 

Sy is vanoggend deur haar familie op die Kaapstadse Internasionale Lughawe ingewag en was baie opgewonde om hulle te sien.

Die SARIE.com-span gaan môre (Vrydag 27 September) saam met haar kuier in Kaapstad, en ons sal beslis vir julle die foto’s wys.

Candice land in SA

FOTO Candice groet haar ma (Instagram)

Candice Swanepoel op Kaapstad se lughawe

FOTO: Candice op die Kaapstadse Internasionale Lughawe (Instagram)

Kry Candice se gemaklike reis-voorkoms in die SARIE-winkel: