sr1204_modehoof_4_
Het jy gehoor?

SARIE-winkel: Só koop jy

1. As jy op sarie.com is, vee met jou muis oor koop, bo-aan 
die blad, en klik op winkel.

WENK: Klik op aanlyn-modetydskrif om te sien hoe om alles te dra. 
SARIE-modedirekteur, Chris Viljoen, 
wys jou slim truuks en kombinasies.  

2. Klik op MELD AAN regs bo-aan die skerm. Klik op Nie ’n lid nie? Vul nou jou voornaam, van en e-posadres in, en skep ’n wagwoord. Bevestig die wagwoord en klik op MELD AAN. Jy sal ’n bevestigingskakel per e-pos kry. Só registreer jy sodat ons 
jou per e-pos kan laat weet hoe jou 
bestellings vorder.

3. “Blaai” met jou muis deur die 
winkel tot jy vind waarvan jy hou.

WENK: As jy ons aanlyn-modetydskrif op jou rekenaar oop het, kan jy op 
enige item klik om direk na daardie 
item in die winkel te spring.

4. As jy ’n item in die winkel 
wil bekyk, klik daarop. En as jy dit 
wil koop, kies die kleur en grootte
 (in die middel, regs, op jou skerm), 
en klik dan op sit in mandjie 
daaronder.

WENK: As jy van plan verander, kan jy 
die item uit jou mandjie verwyder.

5. Só betaal jy

Wanneer jy 
alles in jou mandjie het wat jy wil koop, 
klik op mandjie bo-aan blad, en dan 
betaalpunt. Vul nou jou faktuur-adres, afleweringsadres en kredietkaart-
besonderhede in. Wanneer jy op 
plaas bestelling klik, is jou transaksie voltooi. Daarna kry jy ’n e-pos ter beves-tiging, en stuur ons jou pakkie dadelik!

ONTHOU altyd die kliëntediens-nommer indien jy vashaak of vrae het: 0861 999 501

  • Rina de Lange

    Hallo. Ek kom glad nie reg met iets wat ek Wil Koop nie. Op Soek na Clarice-top van chiffon-mengelstof R299 Crave op bl 95 van nuutste sarie februarie 2013. Help asb. Dankie