sienna
Het jy gehoor?

Sienna Miller en verloofde liefdevol in Burberry

Die 31-jarige Brit Sienna Miller en Tom Sturridge is gewoonlik baie privaat oor hul verhouding, daarom is dit so verbasend dat hulle baie liefdevol is in die nuwe advertensieveldtog van Burberry. Dié paartjie wat verlede jaar verloof geraak het ‘n jaar oue dogter, Marlowe Ottoline Layng Sturridge, is die nuwe gesigte vir dié luukse handelsmerk.

Sienna Miller het ‘n Suid-Afrikaanse haarkapper. Lees hier wat hy oor haar sê.

Jude Law se blonde eks lyk baie mooi in die nuutste millitêre en leerjasse van Burberry. Tom, wat ook ‘n Britse akteur is (Being Julia, On the Road), lyk net so aantreklik in dié jasse van Burberry se herfs/winter 2013-reeks.

Hoe het die wêreld uitgevind dat Sienna swanger is? Lees hier wie het haar mond verbygepraat!

Burberry se hoof- kreatiewe bestuurder, Christopher Bailey, sê: “Die fotosessie was prettig en liefdevol en dit was ‘n ware genot om saam met Sienna en Tom te werk”.

Kyk na die sexy advertensie hier:

Kry jou Sienna Miller-geïnspireerde uitrusting binne SARIE se aanlyn-winkel:

Trench Jas Trench jas van Label Femme
“Biker jacket with studs” van Fred Tsuya Biker jacket with studs

Vul jou uitrusting aan met ‘n stylvolle jpaar sonbrille:

Avantgarde sunglasses Aviator sunglasses

   “Avantgarde Sunglasses” van AVANTGARDE                        “Aviator Sunglasses” van Glider

Burberry het ook ‘n nuwe inisiatief, Burberry Kisses. Dit stel jou in staat om deur jou foon jou digitale soen na enige iemand wêreldwyd te stuur. Dit is dus heel gepas dat Sienna en Tom‘n paar soene vir mekaar uitdeel in hul nuwe advertensie-veldtog vir Burberry Kisses.

HIERONDER is die video vir die Burberry Kisses-veldtog, ‘n wonderlike nuwe manier om jou liefde aan iemand te betoon: