Grace Coddington op die voorblad vir ID tydskrif

Grace Coddington op die voorblad vir ID tydskrif

Het jy gehoor?

Skokgolwe deur die modewêreld, Grace Coddington tree uit

Die ikoniese kreatiewe direkteur van Vogue, Grace Coddington, het gister aangekondig dat sy uittree.

Grace is ’n groot gees in die modebedryf en het in 1988 by Vogue aangesluit. In haar byna 30 jaar by dié tydskrif was sy al verantwoordelik vir verskeie onvergeetlike mode-fotosessies. Maar haar modeloopbaan het lank vóór dit reeds begin, in die 1960’s, toe sy model was. Sy het as model selfs op die voorblad van Vogue verskyn.

Grace Coddington op die voorblad van Vogue 1962

Grace Coddington op die voorblad van Vogue 1962

Grace is gelukkig nie heeltemal verlore vir die tydskrif nie. Sy is nou die algemene kreatiewe direkteur en sal steeds vier modestories per jaar vir die tydskrif doen. Dié skuif gee vir Grace meer tyd om ook ander projekte aan te pak.

Die 74-jarige het aan Business Fashion gesê dat sy nie aftree nie en ook nie weggaan by Vogue nie. “Ek hardloop nie weg van Vogue nie, want dit het soveel deure vir my oopgemaak … dit sal lekker wees om saam te werk, om uit te gaan en praatjies te lewer. Dis net ’n ander benadering.”

Grace is nie net bekend vir haar kreatiewe fotosessies nie, maar ook vir haar eie unieke styl. Haar kenmerkende rooi hare inspireer selfs karakters van bekende TV-reekse, onder andere Myrtle (vertolk deur Frances Conroy) in American Horror Story: Coven.

Hier is van ons gunstelinge onder Grace se fotosessies:

Bronne: Business of Fashion en Huffington Post,