Het jy gehoor?

Slang-inspirasie

Dit staan bekend as die “Protector Collection” – ‘n beperkte reeks juweliersware met die slang as ikoniese bewaarder,’n kulturele simbool van familie-beskerming.

Dis ongelukkig nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar ons het plaaslik gaan soek vir soortgelyke slang-inspirasie.

Kyk uit vir slangoorbelle van sterlingsilwer en sirkonias (R8 999) by Thomas Sabo. Vir meer inligting: 011 483 0102; www.thomassabo.com

Slangring

Besoek Shimansky vir ‘n slangring van witgoud, swart diamante en granaatsteen (R19 800). Vir meer inligting: 012 365 0088; 021 421 2788; www.shimansky.co.za