Het jy gehoor?

Supermodel Cindy Crawford nou ook mode-ontwerper

In die tagtigerjare was ‘model met die moesie’, Cindy Crawford, deel van die gesogte groep supermodelle waaronder Naomi Campbell, Linda Evangelista en Christy Turlington. Sy het nou ook mode-ontwerper by haar lys talente gevoeg met die bekenstelling van haar eerste klerereeks, saam met die modegroep C&A.

Dié ma van twee fokus veral op gemaklike, maar stylvolle modes vir elke dag se dra en sluit sleutel-items soos skinny jeans, oopknooptruie, T-hemde en klassieke baadjies in. “Soos baie ander vroue verkies ek modes waarin ek my kinders by die skool kan optel, ‘n vergadering bywoon en in die aand saam met my man kan gaan uiteet.”

Dié bekostigbare reeks sal in 1 500 C&A-winkels dwarsoor Europa tydens dié Europese herfs geloods word.