FOTO: Amari Bornman

Het jy gehoor?

Sy’s ons wenner! Matriekafskeidrok van die Jaar 2014 in samewerking met Young Solution

Met dié klassieke snit en opwindende kleur het Doré Bornman (18) ons Matriekafskeidrok van die Jaarwedstryd in samewerking met Young Solution gewen.

Doré, wat self modeontwerp wil studeer, het reeds in Februarie 2014 saam met die ontwerper Casper Bosman van Casper Designer Wear in Bloemfontein aan haar matriekafskeidrok begin beplan. Saam het hulle op dié ontwerp besluit. Sy wou graag haar rug beklemtoon, terwyl die smaraggroen perfek by haar veltoon, haar- en oogkleur pas. Die resultaat, ’n rok wat tussen honderde ander ’n treffer was!

Doré se ma, Amanda, sê:

Doré het tweeweekliks gaan pas en dan is veranderinge aangebring. Elke kristal op die kristalband is met die hand vasgewerk! Die rok is asemrowend mooi en pas haar lyf perfek.

Doré was ’n leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein. AJ Brits was haar metgesel. FOTO: Amari Bornman

Doré was ’n leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein. AJ Brits was haar metgesel.
FOTO: Amari Bornman

Wat sê ons modekenner, Amaria Carstens SARIE-moderedakteur?

Die klassieke snit van die rok kry ’n moderne aanslag met kantdetail en kralewerk, en die helder kleur laat jou twee keer kyk. Die lae rug is asemrowend; sensueel sonder om té sexy te wees.

FOTO: Amari Bornman

FOTO: Amari Bornman

Dít sê SARIE-redakteur Michélle van Breda

Alles is vir my mooi … Die besonderse groen van die rok wat haar soos ’n handskoen pas, haar moderne, onopgesmukte hare, die min bykomstighede. Ek het letterlik by hierdie foto’s gaan stilstaan, en nie weer weggekyk nie. Doré was duidelik ons wenner.

FOTO: Amari Bornman

FOTO: Amari Bornman

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, sê

Doré se rok is die regte keuse vir ’n hoërskoolmeisie. Haar styl is jonk en vars; dit herinner nie aan ’n trourok of ’n universiteitsdineerok nie. Dis net perfek!

Meer oor ontwerper Casper Bosman

Vanjaar se kompetisie het met ’n paar van Casper se rokke gespog. Dié jong
ontwerper van die Rosestad het óók Mej. SA, Rolene Strauss, se rokke vir die
Mej. Wêreld-skoonheidskompetisie ontwerp.

Doré en Casper Bosman FOTO: Amari Bornman

Doré en Casper Bosman
FOTO: Amari Bornman