4030104137_82aa9881cb
Het jy gehoor?

Tavi Gevinson: ‘n styl-ikoon op 13!

Gaan besoek haar blog: Style Rookie om te sien hoe passievol en ingelig Tavi oor mode is.

Sy gesels nie net oor die nuutste loopplank-klere nie, maar wys ook nuwe, quirky uitrustings wat sy vir haarself aanmekaar sit. Haar naam boer op die lippe van die modewêreld en op haar tenger ouderdom het sy reeds op die voorblaaie van tydskrifte verskyn.

Tavi het in 2008 begin blog en kry tans 1,5 miljoen hits per maand. Deur haar blog het sy ‘n muse vir ontwerpershuis Rodarte geword en sy is selfs genooi na die onlangse New York-modeweek, onder vele meer. Dit wil gedoen wees!