Het jy gehoor?

Tom Cruise se mede-ster hou ook haar lyf model

Rosamund Pike hoef nie een oomblik terug te staan vir die beroemde Tom Cruise nie. Die britse skoonheid het ‘n gesig van ‘n engel, ‘n stem so soet soos stroop en lang lenige bene wat haar bo haar mede-ster laat uit toring. Maar dis nie al nie; sy is onlangs as die nuwe gesig vir die befaamde britse modehuis, L.K. Bennett, se Lente/Somer 2013 veldtog gekies.

Sy het nie net haar mede-ster, se hart gesteel nie, maar ook díe van L.K. Bennet se uitvoerende hoof, Didier Drouet, wat meen dat Pike nie net ‘n mooi gesiggie is nie, maar ook ‘n intelligente dame met styl en energie, en hierdie kwaliteite kom duidelik na vore in die nuwe veldtog. Pike het mode-items uit die hoofreeks gedra, sowel as uitsoekitems uit die Black Ribbon reeks van die modehuis. Die peruaanse mode fotograaf Mariano Vivanco het Pike se besonderse skoonheid vasgevang met die interieur van ‘n antieke Georgiaanse herehuis in Londen, wat dien as die perfekte agtergrond vir ‘n gesofistikeerde dame en modereeks.

Jack Reacher wys tans by rolprentteaters landwyd.

Daar is ‘n ster op die horizon, en ons kan nie wag om meer van haar te sien nie! As jy bietjie verder wil lees oor die L.K Bennett veldtog gaan kyk gerus by www.wwd.com of www.vogue.co.uk