Het jy gehoor?

SARIE se top-5-rokke by die Oscars

Alhoewel die aand eintlik gaan oor Wie Wen vir Wat, gaan dit vir die Hollywood royalty ook oor Wie Wen op die rooi tapyt. Natuurlik was daar ‘n hele paar wenners in laasgenoemde kategorie, maar vir SARIE was die volgende gaste kolskoot in die mode.

Gwyneth Paltrow in Tom Ford (hooffoto). Die cape-rok met sy skoon, moderne lyne sorg vir opwinding met enkele, bonkige juweliersware. Dit is ook die perfekte oplossing vir ‘n koeler aand.

Michelle Williams in Louis Vuitton. Die koraalkleurige peplum skouerlose rok is een van die groot tendense en bewys weer eens dat Michelle een van die rooi tapyt se groot trendsetters is.

Michelle Williams

Angelina Jolie in Versace. Definitief een van die sexieste rokke van die aand. Swart is altyd ‘n veilige opsie, maar met die hoë slit en luukse fluweelmateriaal het Agelina verseker haar merk op die rooi tapyt gemaak.

Angelina Jolie

Octavia Spencer in haar Tadashi Shoji-rok was nie net ‘n wenner op die rooi tapyt nie, maar sy het ook weggestap met die gesogte beeldjie vir Beste Aktrise in ‘n ondersteunende rol vir haar spel in The Help. Sy het vir al die slanker aktrises gewys dat styl wel verder strek as ’n dun middeltjie. Die roomkleurige rok met kralewerk het ongelooflik aan haar voller figuur gelyk.

Octovia Spencer

Jessica Chastain in Alexander McQueen. Met dié Barok-geïnspireerde rok het die rooikop ‘n groot kans gevat. Sy het egter ‘n wenner uitgetree met die goue borduurwerk wat fokus op een van die groot modetendense van die oomblik – sierlike patrone.

Jessica Chastain

  • ELSA DE KRAMER

    GWYNETH PALTROW IS DEFINITIEF MY KEUSE.

  • erna moller

    Daar was te veel swart rokke – dit het gelyk of hulle `n begrafnis bywoon. Na my mening was dit maar baie vervelig op die rooi tapyt.

  • Marene Buys

    Ek is nie juis rok draer nie, maar goeiste hoe kies mens nou eintlik die regte rok vir sulke geleenthede, Charlize Theron is maar my keuse dan,Agelina

  • RIA HANEKOM

    BESLIS NO 1 SY LYK ASEMROWEND

  • Karin

    Michelle williams. En Ang is SUPER sexy!

  • C Potgieter

    Gwyneth Paltrow definitief!

  • monica

    Jessica Chastain se rok lyk soos kerksaal gordyne…aaklig

  • Marthie Gerber

    Al die rokke is treffend en pas perfek by die persoonlikhede maar Jessica se rok is die asemrowend.

  • Silvi

    Jessica Chastain & Gwyneth Paltrow- is sowaar my keuse! Hul albei het absoluut vroulik en baie stylvol vir die geleendheid gelyk. Angelina Jolie het glad nie sleg gelyk nie (soos jul sê: swart is altyd n treffer). Sou wens om so pragtig te lyk!!

  • Hanneke

    Angelina is te maer! Sy lyk allerverskrikliks! Dis uiters onverantwoordelik van Sarie om haar enigsins te komplimenteer oor hoe sy lyk. Daar is niks aan haar wat gesond of goed lyk nie.

  • Lydia Clifford

    Ek hou NIKS van Gwyneth se rok nie. Dit lyk of sy uit ‘n episode van "Startrek" ontsnap het. En ‘n mens het behoorlik knopperige skouers nodig om so "Cape"aan te hang. Sy moes eerder vir haar ouma gevra het om vir haar ‘n Tjalie/Stola te brei!