fantasie
Het jy gehoor?

Vere en voëls in die mode: Iets om oor te kwetter

By die Golden Globes was dit duidelik: al wat vlerk en veer het is groot modenuus – en dit word weerspieël in die glansadvertensies van modehuise soos Bulgari, waar die aktrise Julianne Moore poseer met ’n kaketoe op die hand.

Julianne Moore vir Bulgari

Evan Rachel Wood se pragtige groen rok met veerdetail was een van ons ons gunstelinge by die Globes, en Emma Stone se Lanvin-skepping nóg ’n treffer. (Kyk net die goue arend op die belt.)

Maar dis ’n trend wat geensins tot die rooi tapyt beperk is nie. Soek net die voëltjie-ontwerp of inspirasie wat by jou en jou stemming pas. Probeer ’n fascinator, soos Friede-Mari in ons modekas, of ’n halssnoer, soos dié een uit ons winkel.