FOTO: Victoria en David Beckham op die voorblad van Parys se Vogue

Het jy gehoor?

Eerste kykie na Victoria Beckham se dokumentêr

Victoria Beckham het bekend geword as ’n Spice Girl, maar deesdae is sy ’n gerespekteerde ontwerper met haar eie luukse handelsmerk. In dié outobiografiese dokumentêr vertel sy hoe sy tot op hierdie punt gekom het.

Victoria Beckham word in April 40 jaar oud en dan vier sy haar droom waaraan sy reeds 5 jaar werk: om uit die skadu van haar vorige loopbaan én haar man, David Beckham, te stap en te bewys dat sy ’n talentvolle ontwerper is.

Dié outobiografiese dokumentêr, Five Years: The Victoria Beckham Fashion Story, wat binnekort vrygestel word, fokus op haar reis van Spice Girl tot ontwerper.

FOTO: Victoria Beckham in die lokprent vir haar dokumentêre film, Five Years: The Victoria Beckham Fashion Story (Youtube)

Victoria Beckham in Five Years: The Victoria Beckham Fashion Story SKERMGREEP: YouTube

Victoria Beckham het in 2009 haar eerste klerereeks tydens die New York Modeweek bekendgestel. Dié reeks was goed ontvang en die redakteur van Britse Vogue, Alexandra Shulman, het gesê:

Victoria maak konvensionele rokke, maar sy het die vermoë dat dit uitstaan.

Kyk HIER hoe lyk Victoria se jongste, Harper Beckham

Sedert 2009 het al hoe meer mense Victoria se talent raakgesien. Sy is al gekroon deur verskeie mode-organisasies as Ontwerper van die Jaar, Ontwerpershandelsnaam van die Jaar, Vrou van die Jaar, en Entrepreneur van die Jaar.

FOTO: Victoria Beckham in die lokprent vir haar dokumentêre film, Five Years: The Victoria Beckham Fashion Story (Youtube)

Victoria Beckham in Five Years: The Victoria Beckham Fashion Story SKERMGREEP: YouTube

Kyk na die lokprent van Five Years: The Victoria Beckham Fashion Story HIER

Bronne: Vogue en HELLO!