Het jy gehoor?

Victoria Beckham se ontwerpe pryk op voorblaaie

VB is dié seisoen reeds op twee onderskeie tydskrifte se voorblaaie te sien. V Magazine (Januarie 2013) en UK ELLE (Februarie 2013) is beide aanhangers van Victoria Beckham. Boonop het die Amerikaanse kletskoningin Joan Rivers onlangs verkondig dat Victoria Brittanje se besgeklede vrou is én dat sy die mooiste klere in die land maak.
Kristen Sewart is op V Magazine se voorblad, ook geklee in VB.

Hierdie aandag rondom Victoria Beckham se klerelyn is niks nuuts vir die gewese sanger nie, en nou het sy laat weet dat sy ‘n aanlynwinkel gaan begin. Hierdie nuus het gekom pas ná haar seun Romeo (10) aangekondig is as een van die gesigte vanBurberry Lente/Somer 2013.

Haar gelyknamige klerelyn het al vele lof van die modewêreld ontvang. VB is in 2004 gestig met ‘n eksklusiewe reeks, VB Rocks, vir die denim-modehuis Rock & Republic. In 2008 het sy haar naam as ontwerper gemaak met haar vertoning by die New Yorkse modeweek en in 2011 was haar modehuis al $12 miljoen (meer as R100 miljoen) sterk.

Die permanente skuif wat die Beckham-gesin na Amerika gemaak het was dus die moeite werd en met haar nuwe aanlynwinkel is dit ook vir ons in SA makliker om ons hande op ‘n oorspronklike VB- kledingstuk te kry. Dit sal beskikbaar wees op haar webblad, VictoriaBeckham.com. Die nuwe webtuiste sal in vroegherfs geloods word. Jy kan nou al ‘n draai aanlyn gaan maak om te registreer, sodat jy eerste kan hoor wat aangaan.

  • wow gold

    It’s perfect time to make some plans for the future and it’s time to be happy. I’ve read this post and if I could I desire to suggest you few interesting things or tips. Maybe you could write next articles referring to this article. I desire to read more things about it!
    wow gold http://www.iystwowgold.com