Jennifer Lawrence in mode-veldtog vir Dior

Jennifer Lawrence in mode-veldtog vir Dior

Het jy gehoor?

VIDEO: Agter die mode-skerms met ‘Dior & I’

Ons kry nou almal ‘n vinnige kykie na die wêreld agter die skerms van Dior se fabelagtige loopplank-modes. Die dokumentêre prent Dior & I wys hoe die 2012 Dior Haute Couture-reeks opgetower is, berig InStyle.

Dior & I speel hoofsaaklik af in dié modehuis se Paryse ateljee. Dit gee die buite-wêreld ’n blik op die mense ágter die Dior-handelsnaam – van die toegewyde kleremakers tot Raf Simons, kreatiewe direkteur van Dior, se benoude oomblikke voor die eerste model op die loopplank verskyn.

Hier is ’n voorsmakie van dié asemrowende mode-film:

Bron: InStyle

Lees ook