FOTO: Twitter  @Fash_Rev

FOTO: Twitter @Fash_Rev

Het jy gehoor?

VIDEO: Die duur prys van goedkoop klere

Die sêding ‘goedkoop koop, is duur koop’ is veral gepas wanneer jy na Fashion Revolution se video “The 2 Euro T-Shirt – A Social Experiment” verwys. Dié wéreldwye bewusmakings organisasie kyk na die donker kant van die mode-industrie en poog om die haaglike omstandighede van talle kleremakers regoor die wêreld te verbeter. 

Ons is nie altyd bewus van die ware prys wat ons vir winskopie betaal nie. Ons weet ook nie altyd wie ons klere maak nie. Fashion Revolution verduidelik waarom dié vrae belangrik is: “Mense gee om wanneer hulle ingelig is.”

“Onthou, jy is wat jy dra, so moenie vinnig, goedkoop, vals en van lae kwaliteit wees nie,” voeg hulle by.

Gelukkig versprei dié boodskap. Die video is al meer as 3 miljoen keer gekyk en talle mense vra nou ‘wie het my klere gemaak?’

Kyk video hier 

Lees ook