fosch1
Het jy gehoor?

Jou moet-hê somer-items

Dié somer bring Foschini die wêreld se inspirasie na jou klerekas met invloede uit Marokko, Spanje, die suide van Frankryk, die boheemse 70’s en die 80’s se pop-kultuur.

Kyk ook wie die gelukkige wenners was van al hierdie items!

VOORKOMS 1: DIE PAD NA MARAKESH

Die harem-broek is hoogmode dié seisoen en ‘n sleutelstuk vir hierdie voorkoms. Dis ‘n goeie pasmaat by ‘n tank-top of ‘n klassieke hempstyl. Rond die voorkoms af met gladiator-sandale en voeg ‘n paar kroonkandelaar-oorbelle hierby.

Harem-broek Boyfriend-baadjie Kroonkandelaar-oorbelle Gladiator-sandale

Harem-snit

Boyfriend-baadjie

Kroonkandelaar-oorbelle

Gladiator-sandale

Heila Cato


Lizmare van der Walt


Ciska Ritter


Amanda Barnard


VOORKOMS 2: BIETJIE BOHEEMS, ‘N BIETJIE POP

Styfpassende voetlose kouse, tong-in-die-kies gedrukte T-hemde en die man in jou lewe se baadjie.

T-hemp Voetlose kouse Boyfriend-baadjie Palmhandsak Hoëhak-sandaal

Boheemse inspirasie

Voetlose kouse

Boyfriend-baadjie

Palmhandsak

Hoëhaksandale

Hester McIntyre


Stephanie Goosen


Maggel Badenhorst


Tessa Nielsen


Alida Rudman


VOORKOMS 3: VROULIK GETAILLEERD

Skitter vir jou aandjie uit met bling-oorbelle en ‘n ring, blinker-sandale en ‘n sjiek rooi rokkie!

Rooi rokkie Sandaal Oorbelle Palmhandsak Skitter-ring

Stylvolle rooi rok

Sexy sandaal vir die aand

Bling bling

Palmhandsak

Skitter-ring

Marietjie Engelbrecht


Toinette de Beer


Riana Butler


Susan Charles


Talita Germishuys


VOORKOMS 4: HIPPIE-INSPIRASIE

Die vrye gees van dié tyd word vasgevang met spatsels helder kleur, tossels, bonkige kralewerk en natuurlik, daardie skinny jean!

Gladiator-sandaal T-hemp Bonkige armband 70’s-handsak Skinny jeans
Gladiator-sandale Afrika-inspirasie Bonkige armband 70&aposs-styl handsak Skinny jeans

Cornel Willmot


Tarina van Aswegen


Esme Hendricks


Cecelea Boshoff


Patricia Lester


Só is die pryse ontvang?

Foschini het ‘n geskenkbewys vir die spesifieke prys wat gewen is, na die wenner se straatadres gekoerier.

 

  • http://www.sarie.com c gertse

    die verskillende items lyk fantasties

  • http://www.fantheflame.co.za Marissa Meyer

    Ek is pas ‘n trotse en nuwe intekenaar van die Sarie en het gister met groot opwinding my eerste uitgawe in die pos ontvang. Die intekening was ‘n geskenk van my ma en ek sou nooit kon dink hoe baie ek die tydskrif geniet nie. Daar is verseker nie meer omkeerkans vir my nie en ek moet bieg ek dink ek sal van nou af ALTYD ‘n Sarie leser bly. Toe ek hierdie kompetisie sien in die Augustus uitgawe toe moes ek net my geluk probeer. Ek is al lankal opsoek na ‘n geleentheid vir ‘n make-over! Ek is versot op al hierdie items behalwe die boheemse sandale. :) Baie dankie vir die wonderlik leesstof!!

  • Elizabeth

    Dit lyk na n lekker somer wat voorle met al die mooi klere van Foshini

  • elize dercksen

    al die modes is meestal vir die jonges. Wat van elegante en gemaklike modes vir die ouer dame wat altyd baie formeel gekleed gegaan het, maar nou afgetree is en net gemaklik wil wees?

  • Angeline Liebenberg

    Wonderlike geleentheid.

  • http://www.barchandunes.com Hannetjie van Rooyen

    Ek is mal oor Foschini se gladiator-sandale, dink dit is ‘n moet vir hierdie somer.

  • Hester Kymdell

    Pragitems in die Galery! Wat kan beter wees as dit om jou tyd te verdryf op ‘n vakansiedag na Vroudag! Toe ek die Boyfriend baadjie sien, toe sien ek myself! Ek sien die meeste van julle items is swart, en dis so ek! Ek is gek na julle modes! Dis baie funky, en so vandag! Dankie dat julle kyk na die vroue van Suid-Afrika!

  • Adele Momberg

    Sall graag een van die items wil wen dit lyk stunning

  • Amanda Hüsselmann

    Toe ek in die 1975 begin werk het, het ek vir my ‘n rekening by Foschini oopgemaak en tot vandag toe koop ek steeds by hulle. As ek iets soek, kry ek dit altyd by hulle. Die klere het nou baie meer funky geraak, maar daar is altyd iets vir my ouderdomsgroep ook.

  • Maryke van SARIE

    Elize, dankie vir jou kommentaar. Hou asb hierdie wedstryd dop – jy sal gedurende dié wedstryd ook pragtige klassieke mode-items kan wen. Daar is hierdie maand werklik iets vir almal om te wen!

  • Ragel

    Julle het wonderlike items en hou baie daarvan, veral kroonkandelaar-oorbelle en palmhandsak, dis baie fantasie

  • Marieta

    Dit bly maar net lekker om maandeliks die Sarie te koop, so bly ons op hoogte. Die gereelde geskenkies is ook baie welkom. Hou so aan!

  • Magda

    Al die items is ‘stunning’ maar die boyfriend baadjie en oorbelle sal beslis inpas by my klere versameling. Ek geniet die mode items van Foschini.

  • Gretha Wasserman

    Ek hou van die spaanse invloed vir die Somer. Ek kan nie wag dat die Somer werklik begin vir die nuwe klere reeks van Foschini nie.

  • ina

    Eks 100% seker dat albei my skoondogters baie graag in een van die nuwe stukkies sal wil spog. Hulle sal beslis albei amazing daarin lyk. Hoe lyk dit met ‘n spesiale wedstryd vir spesiale dames oor 50 – dit kan dalkies net sorg dat ons generasie weer gemaklik by Foshini instap en ons vergryp aan klere wat ons darem nie te stuitig laat lyk nie (en waarvoor ons skoondogters hulle nie hoef te skaam nie!)

  • Denese Heydenrych

    Die kroonkandelare juwele net eenvoudig lieflik, dankie vir n wonderlike wedstryd en tydskrif!

  • Ursula

    Wow is al wat ek sê.

    Ursula

  • Karen

    Hierdie modes bietjie jonk vir my, maar my dogter sal blom daarmee!!

  • Natasha

    Ek is mal oor die gladiator sandale…. Sal dit dra saam met ‘n sigeuner romp, julle mooi kandelaar oorbelle en baie silwer bangle armbande! Bring die somer- ek kan nie meer wag nie!

  • Evette

    N vrou kan mos altyd doen met n nuwe (of n paar)items in haar kas of aan haar lyf. Al die items is stunning.

  • natasjha

    ellke dame het n foschini klere kas nodig- jonk of oud

  • Talita Germishuys

    Ek is versot op Foshini se nuwe modes!!!!!!!!!! Moet beslis `n draai daar gaan maak. Sarie is `n verskriklike interessante tydskrif en ek sien elke maand uit na die volgende Sarie wat uitkom en raak sommer bly wanneer ek dit op die winkelrakke sien. Hierdie is `n lekker kompetisie, wat my maak herhinder om elke dag op Sarie se webtuiste te gaan.

  • Annerine

    Sarie is di beste

  • minke

    Jis dis nou lekker!!!! Ek het vandag gelees oor Bertha en haar stryd met die ekstra vetjies sy is absoluut pragtig..
    Ek is verseker elke dag op julle web tuiste….en glo my ek trust Sarie om my ingelig te hou…

  • Annelies

    ek sal nie omgee om enige een van die items te wen nie!

  • http://www.dalajunction.co.za Johlene Agenbag

    Sarie, elke keer as ek dink: nou is jy STUNNING, dan oortref jy dit. Kyk nou maar met Foschini se galery, items wat jou asem wegslaan, iets vir elke Sarie leser. Well done Sarie en Foschini! (as ek die engels kan gebruik.)

  • Heleen Niere

    Die items skep genoeg belangstelling by my om by Foshini te gaan inloer.

  • Amanda

    Ek weet nie of mens elke dag kan inskryf nie, maar ek probeer weer, gek na foschini se modes deesdae.

  • Erna Trilling

    Sjoe sal die "boyfriend" baadjie nie smart lyk saam met ‘n denim broek nie

    Het nog altyd gehou van Foshini se klerekas & smaak.

  • Sue

    Die boyfriend baaidjie is baie stylvol en modieeus. Pragtig.

  • Annelize Louw

    al is my voet nie so klein kan dit nogsteeds mooi lyk in die sandale van foschini net perfek vir Upington se hitte.

  • Leanne

    Ek like dit!

  • penny

    Ek is mal oor klere en mooi dinge, soos meeste vroue, maar wanneer ek dit kan wen is dit soveel meer spesiaal…!!

  • Heila

    Die Foschini-klere is pragtig en ons in Safrika hoef nie n tree terug te staan wat modes aanbetref nie – op die oomblik in London en hier is die mooiste klere maar die (£) pryse!! Sal maar liewer Foschini kom ondersteun..

  • Janine Strauss

    Ek hou van die nouer middeltjie! Lyk of dit lekker sal dra. Ek hou ook baie van die armband.

  • Sonja Strauss

    Wat kan nou enige vrou se dag méér spesiaal inkleur as om te moet hoor sy is die gelukkige ontvanger van ‘n geskenk – boonop spesiaal net vir Eva!

  • Barbara Taylor

    Dit lyk sommer baie stylvol. Ek sal met graagte ‘n draai maak by Fochini, al moet ek ook so ver ry om by naaste tak uit te kom. Die mode lyk sommer reg vir ons warm Bosveld weer.

  • http://www.sarie.com Karen Erasmus

    Ek is ‘n totale modeslaaf en is altyd nuuskierig om die nuutste modegiere in Sarie te sien. Die Foschini reeks is stunning en ek sal in die wolke wees om die eienares van een van die items te wees!!!

  • http://www.Villaxanelle.com Josephine simon

    Ek is mal oor die bling-bling oorbele en palmhandsak! Net jammer ek is te laat om in te skryf vir die palmhandsak!

  • Rene Rennard

    Alles is te mooi! Ek dink dit pas perfek bymekaar. Lekker vars vir die somer!

  • Annette Esterhuizen

    WOW!!!!!!!!!!!! dit is stunning !!!!!!
    Ek kan nie wag om te gaan shop nie, en dan die komplimente daarna WOW!!!!
    Geniet ‘n prettig inkopie dag !!!

  • Joany Sauermann

    Ek dink alles lyk fantasties. Het so pas ingeskryf, glo nou te laat vir die handsakkie. Foshini se klere is tops, ek is versot daarop en het ook al jare n rekening daar.

  • Liza de Klerk

    Wow dis absoluut stunning – love it!!

  • Ursula Douw

    X mal oor die swart skoene, mwah.

  • http://sarie.com Lucia Burger

    Pragtig!

  • Blommetjie

    Ek love die boheemse styl

  • Karin

    Pragtig sal soos `n Million Dollars lyk

  • lynette

    Die baadjie is pragtig en sjiek.

  • MEV SUZETTE ANN BRICKHILL

    Foschini bly my nommer 1 keuse!!!

  • Charmaine Esau

    Sarie is my beste vriendin oor die jare en sy lyk nie ‘n dag ouer elke keer as ek haar sien nie. Sal kan doen met die stylvolle baadjie.

  • Zelda du Toit

    Sarie is net fantasties. Altyd iets opwindends, geniet jou baie. Hou so vol.

  • Corne Smith

    Sarie gee wonderlike wenke en maniere om jou huis en jouself reg te ruk. Nie net 10/10 nie, maar sommer 100/100. Dankie Sarie vir al jou liefde, nuus, mode, kos ag sommer alles. Sal definief kan doen met die baadjie.

  • Marisa Nel

    Daardie bruin Gladiator Sandale is vir my tops, maar ongelukkig kry ek dit nie in Bloemfontein se Foschini nie. In elk geval wil ek net sê vir Sarie baie dankie ek geniet elke bladsy elke paragraaf/advertensie (so kan ek aangaan) van jul tydskrif. Ek geniet tot jul blokkies raaisel en dan "recycle" ek die tydskrif op die manier – eerstens gaan dit na my moeder toe, dan gaan dit na my skoonsuster toe en van haaraf gaan dit na my ander skoonsuster toe en vandaar verloor ek kontak. Dankie weereens.

  • Jolette

    Sarie, julle is een uit tienduisend. Ek is ‘n intekenaar al vir meer as 3 jaar. Nie eers die resessie gaan my stop nie. Ps – Jul pryse lyk asemrowend!

  • Karin Bosch

    Die modes is pragtig nou kan ek verstaan dat my dogter mal is oor Foschini en ek oor Sarie wat `n kombinasie.

  • Stephanie Goosen

    Hmmmmm, ek het die voetlose kouse gewen!!! Dankie Sarie.
    Kan nie wag om dit te gebruik nie.

  • http://jduocbcrkvcw.com/ lhrodalh

    1r29yE wdfvqmelszsb, [url=http://csankrnlqmnv.com/]csankrnlqmnv[/url], [link=http://ccmkwkjwzsiu.com/]ccmkwkjwzsiu[/link], http://vvqrldxmkugx.com/

  • Gert

    Sarie!! Ek is so dankbaar ek het jul webtuiste "ontdek". Is mal oor Sarie se resepte, modenuus, en sommer alles.

    Psst. Ek is ‘n manlike Sarie bewonderaar*, my vrou kan nie uitgepraat raak oor manlief wat ewe skielik haar vroulike kant waardeer nie.

    Dankie Sarie*

  • Christine

    Sexy, sommer baie, baie sexy!!! Eks mal oor Foschini se modes!! ;-)

  • http://www.classycandles.co.za manda jooste

    Hou van Sarie se kos en dekor afdeling en het nounet julle website ontdek. Loer elke dag daarin rond. Ek bly mos hier tussen die Engelse in Natal dus is enige iets in Afrikaans welkom

  • ANNELIZE

    DIS IS LEKKER OM TE SIEN WAT IS LOCAL, LOCAL IS ALTYD LEKKER. INTERNASIONALE MODES IS ALTYD SO BIETJIE OVER THE TOP.

  • Talita

    Hierdie rooi rok sal beslis die koppe laat draai. Dis ‘n klasieke item wat stylvol sal lyk op enige ouderdom. Beslis ‘n bate vir enige klerekas! Dankie Sarie vir die maand se opwindende kompetisie.

  • Michele Matthews

    I like I like the bling

  • Mary-Ann Norval

    Mama mia!! Alles is so mooi. Ek wil he….asseblief. Modieuse en stylvol….waarvan ek ho

  • Bianca

    Ek is mal oor die boyfriend style baadtjie…soek al jare na so styl baadtjie !!!

  • Hannie Botha

    SARIE hou my op hoogte van wat in die mode-, skoonheid- wereld aangaan. Kan nie wag om elke maand my nuwe SARIE oop te maak nie. DIs soos ‘n geskenk elke keer!

  • Talita Germishuys

    Ek is verheug oor die wondermooi ring wat ek gewen het. Kannie wag om dit te gaan haal nie. Baie dankie Sarie en Foschini.

  • Zelda du Toit

    Die pryse is fantasties. Hoop ook om ietsie te wen. Hou so vol met die pryse en wedstryde.

  • shirley hartogh

    Dit maak my beslis opgewarm vir hierdie modieuse lente.

  • Talita

    Dis so jammer dat hierdie daaglikse kompetisie nou tot ‘n einde kom. :-( Dit was vreeslik lekker!!

  • http://sarie.com Cecelea Boshoff

    Baie dankie Sarie & Foschini…. Ek is die wenner van die 70 Styl Handsak…Wow… Dit is die eerste keer dat ek iets wen … Baie dankie.

    Cecelea Boshoff

  • Rancha

    Wow die uitrusting is defnitief smart, maar defnitief nie die Harem broek vir my. Dit lyk vir my fantasties by ander girls.

  • Marzane

    dis verseker my styl – sjoe sarie, julle span voorspel elke seisoen net die mooiste goed!

  • http://gmybzyptfkrm.com/ fjxnqs

    Gd81SO xsaoycvfsbba, [url=http://ngmusaxscmbg.com/]ngmusaxscmbg[/url], [link=http://ihacllagclnh.com/]ihacllagclnh[/link], http://xylnvckjrrlv.com/

  • http://rgbanromjaqp.com/ pujrqlg

    ruktng auysjfqlxbab, [url=http://pbuksqekkooh.com/]pbuksqekkooh[/url], [link=http://dlyausgctfjx.com/]dlyausgctfjx[/link], http://dtgnhjoqwxqc.com/

  • Teresa Tamine

    Pragtig vir my dogter en skoondogter, maar o wee, wat van ons in die sestigs, dit sal nie werk nie al is ons nog aan die gang en modern!

  • ELAINE COCKRELL

    WOW! dANKIE SARIE DAT JY ONS OP HOOGTE HOU HIER IN DIE WARM NAMAKWALAND.

  • http://elaaqspaojse.com/ hzkxmh

    zYbiZT brevthbjbzkr, [url=http://glxuolgedwfq.com/]glxuolgedwfq[/url], [link=http://drescyjfkdww.com/]drescyjfkdww[/link], http://cvpstnwjwusc.com/

  • http://zguqhdapnogi.com/ rrmrlo

    qaTxxx cxlurupmfrhq, [url=http://uasacwzhmilm.com/]uasacwzhmilm[/url], [link=http://pgkpvzsnqlor.com/]pgkpvzsnqlor[/link], http://tubsicihhzpy.com/

  • Irene van Zyl

    Lees julle ooit wat hier gesê word? my vraag is juis omdat ek sien ‘n dame het al in 2009 gevra wat van modes vir die ouer dames wat nou afgetree het en steeds gemaklik deftig wil klee?? Alles is vir die jonger geslag. Ek sal bly wees as daar iewers iets vir ons in die tydskrif kom.
    Anders is Sarie ‘n puik tydskrif, ek het saam met haar ouer geword.