Het jy gehoor?

Wie is Sarah Burton, skepper van Kate se rok?

‘n Klein ‘weermag’ van 100 mense het dag en nag onder groot geheimhouding in Buckingham-paleis aan die rok van die eeu gewerk. Sarah Burton (36), kreatiewe direkteur van die Alexander McQueen-modehuis, en haar span het dié projek gedryf saam met talle studente, gegradueerdes en personeellede van die Royal School of Needlework at Hampton Court Palace wat spesifiek vir die kant-appliekwerk gesorg het. Die appliekwerk word Carrickmacross genoem, ‘n tegniek wat in die 1820’s in Ierland ontwikkel is. Elke blompatroon in die appliekwerk is van egte blomme: roos, affodil, sydissel en klawerblaar.

Sy het ook die strooimeisie, Pippa Middleton, se rok en Kate se tweede rok vir die aandpartytjie ontwerp.

Na bewering het die span elke 30 minute hul hande gewas om die kant en garing skoon te hou en die naalde is elke 3 ure vervang sodat werkers altyd met skerp naalde kon werk.

Sarah het sedert die groot dag op 29 April nog baie min te sê gehad oor die rok. Sy het wel gesê dat Kate ‘n maklike kliënt was om mee te werk en werklik een van die oulikste mense wat sy nóg ontmoet het. Blykbaar het sy en Kate koppe bymekaargesit en albei se idees is in die uiteindelike ontwerp gebruik.

Sarah het die leisels by Alexander McQueen oorgeneem kort nadat dié legendariese ontwerper in 2010 selfmoord gepleeg het. Sy het reeds in 1996 as mode-intern by Alexander McQueen aangesluit en het uiteindelik sy regterhand geword.

Die redakteur van die Amerikaanse Vogue, Anna Wintour, en die redakteur van Britse Vogue, Alexandra Shulman, tel onder haar grootste aanhangers. Die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, aktrises Gwyneth Paltrow en Cate Blanchett is al in haar ontwerpe gesien.

  • Helmien Mare

    Sarah en haar span het werklik ‘n pragstuk geskep en Kate sprokiesmooi laat lyk!

  • ELSIE VISAGIE

    DIT WAS N PRATIGE ROK EN HET BY HAAR GEPAS, DIE BLOMME MEISIES EN HAAR SUSTER SE ROKKE WAS OP PRATIG, DIE HELE TROUE WAS LIEFLIK .
    WEL GEDAAN.

  • Melanie Naude

    Catherine se rok het my asem weg geslaan. die lang kant moue, die oorbelle en die tiara….. ‘n ware prinses! Ek dink nie sy kon enigsins mooier gelyk het as wat sy het nie.

  • Amelia

    dit was pragtig ek stem saam , die wat kla is net `n pyn in die strawberry hehe 🙂

  • Karin

    Dit was vir my ‘n baie classy rok. Ek het van die moderne saam met die tradisionele gehou! Knap gedaan. Dit was ‘n baie mooie troue!

  • Gretchen Enslin

    Dit was so ‘n mooi rok gewees! Die styl van die rok was so elegant en van pas gewees vir die spesiale geleentheid. Kate het die rok gedra en nie die rok vir Kate nie. Dit is hoe ‘n prinses se rok moet lyk 🙂

  • Annette Janse van Rensburg

    Ek kan my steeds verkyk aan die pragtige rok , mens kry net nie genoeg daarvan nie . Sy lyk wonderlik

    daarin met al die regte bybehore , blomme en houding.