twilight_home
Het jy gehoor?

Wie ontwerp Bella se trourok vir Breaking Dawn?

Die finale boek in Stephenie Meyer se Twilight-saga word in twee films uitgebeeld waarvan Breaking Dawn die eerste is.

Hollywood se skinderblaaie gons oor alles wat in dié fliek gebeur, en die wêreld wag om meer van hul gunsteling-vampiere te sien. Daar is veral gespekuleer oor wie Bella se trourok gaan ontwerp.

Dit het pas bekend geword dat Carolina Herrera dié pos vul, berig Instyle.com.

Sy het aan hulle gesê sy is mal daaroor om trouerokke te ontwerp, maar dié een was evral spesiaal. “Kristen Stewart [Bella] is pragtig en die rok sal pas by haar karakter.”

Breaking Dawn begin op 18 November 2011 in teaters draai.

Kyk na Carolina Herrera-trourokke.

Hier is solank ‘n voorsmakie van die fliek:

Vir nog foto’s uit die fliek gaan na www.breakingdawn-themovie.com

  • Janna Jiranek

    Ai, nou moet mens nog so lank wag….en dis amper klaar met Twilight!