Black Coffee by New Yorkse Modeweek 2010

Deur Amaria Carstens, SARIE - Februarie 2010

Die herfs/winter 2010-reeks van plaaslike ontwerpers Jacques van der Watt en Danica Lepen van Black Coffee is tans by die Mercedes-Benz Modeweek in New York te sien.

Hulle wys hier hul jongste skeppings saam met beroemde ontwerpers soos Vera Wang, Calvin Klein, Diane von Furstenberg en Donna Karan.

Jacques en Danica se ontwerpe is 'n mengsel van die verlede met fantasie, wat dit 'n vars aanslag gee, en hul eerste modeweek oorsee was in Julie 2009 by die Berlynse Modeweek.

"Ons is ongelooflik opgewonde oor ons deelname. Ons beskou dit eintlik as bederf in 'n bedryf waarin 'n mens so hard moet werk," sê Jacques oor die New Yorkse Modeweek wat van 11 – 18 Februarie plaasvind.

Vir meer inligting, kontak: 011 482 9148 of besoek www.blackcoffee.co.za.

  • Foto van Ivan Naudé, verskaf deur die Sanlam SA Modeweek

Verwante artikels

  • Vroeë inspirasie

    Vroeë inspirasie

    SARIE Maart 2010

    Plaaslike ontwerpers Jacques van der Watt en Danica Lepen van Black Coffee het groot opslae gemaak by die New York-modeweek.

Galery

  • Romp en top
  • Swart rok
  • Steenkleurige uitrusting
  • Black Coffee by New Yorkse Modeweek

Web Development by FormFunction