Die 10 top-modelle van alle tye: Kyk wie's hulle
Die webtuiste Handbag.com het die 10 supermodelle van alle tye gekies – vroue wat beslis hul stempel op die modewêreld gelaat het.
Hier is 5 van die modelle wat die lys gehaal het:
Twiggy was bekend vir haar vals wimpers, kapsel en tingerige figuur. Justin de Villeneuve (toe bekend as Nigel Davis) het haar in 'n haarsalon ontdek waar sy gewerk het. Hy het daarna haar kêrel, bestuurder en mentor geword.
Wie is jóú gunsteling-model van alle tye?

Suzy Parker was bekend vir haar vlamrooi hare. Haar vriende was onder andere Dorian Leigh, Coco Chanel en Diana Vreeland. (So gepraat van in die regte kringe beweeg.) Audrey Hepburn se karakter in die rolprent Funny Face is op Parker geskoei.

Kate Moss is as 14-jarige op die JFK-lughawe ontdek. Haar naam op dié lys is geen verrassing nie. Sy en die wêreldbekende fotograaf Mario Testino is goeie vriende. Testino sê Kate is sy muse.

Gisele Bündchen dra sedert 2001 die titel as die hoogs betaalde model ter wêreld, aldus Forbes. Sy het wat elke vrou oor droom: die "perfekte" lyf.

Naomi Campbell is die eerste swart vrou wat op voorblaaie van Paris en British Vogue verskyn het. In 1988 het Yves Saint Laurent gedreig om al sy advertensies in die Franse Vogue te onttrek, tensy hulle Naomi en ander swart modelle sou vertoon.
Verwante artikels
-
7de Laan se Clara wys haar liefde
SARIE September 2010 | Kommentaar: 12
Clara, Angelique Gerber, oor geloof, 'n dag in haar lewe en 3 dinge wat elke meisie moet hê.
-
Bekende glans-handelsmerk vernoem skoene na aktrise
SARIE September 2010
Die luukse Franse handsak- en skoenontwerper Christian Louboutin het onlangs 'n paar hakskoene na die mode-ikoon en aktrise van Gossip Girl, Blake Lively, vernoem.
-
Die beste modelle van alle tye
SARIE - Desember 2009
Die glanstydskrif Harper's Bazaar het die beste modelle van alle tye geïdentifiseer.
-
Elle MacPherson intiem in SA!
SARIE September 2010
Elle MacPherson se onderklere-reeks, Elle MacPherson Intimates, is in Oktober in Suid-Afrika bekendgestel ... met swart tapyt en al.
-
Jessica Simpson kies gewone vroue as modelle vir haar nuwe klerereeks
SARIE September 2010
Ons word elke dag gebombardeer met foto's van modelle en celebs wat "opgeknap" is. En hul grootte is NUL. (Is "nul" ooit 'n klere-grootte?)
-
Martha Stewart was 'n Chanel-model
SARIE - Oktober 2010
Het jy geweet? Dié sakereus was in haar jong dae 'n model vir die Chanel-modehuis. Hier is van dié foto's.
-
Ons eie top-7 vroue-ikone - modelle word celebs vir 'n dag
SARIE Augustus 2010
SARIE het destyds 'n paar plaaslike modelle in ikone omgetower vir die REVLON Supermodel-wedstryd op TV. Dit bly vir ons baie mooi...
-
‘n Pienk partytjie in pure Hollywood-styl
SARIE September 2010
Dra pienk en vier die lewe! Vergeet van die rooi tapyt...rol uit die pienk tapyt, skink pienk drankies, kies pienk modes vir Borskankermaand.





















Kommentaar