Dior se tydlose geure

Deur Mariska van Rooyen, SARIE - Julie 2009

Christian Dior het parfuum deur die oë van ’n modeontwerper gesien.

In 1947 is Miss Dior as ’n haute couture-parfuum beskryf en dié geur was simbolies van ’n terugkeer na Franse luuksheid.

Dior het ook in die 1960’s grense verskuif toe hy die behoefte aan ’n ligter parfuum raakgesien het. Sy antwoord was Eau de Cologne Fraîche.

Hierdie geur was perfek vir die somerhitte en het kenmerkende sitrus- en houtnote bevat. Vandag is Escale à Portofino (R1 075 vir 125 ml EDT) ’n moderne plaasvervanger vir sy Eau de Cologne Fraîche en Miss Dior (R640 vir 30 ml EDT) is steeds ná 60 jaar immergewild!

"Dis moeilik om jou in te dink hoeveel sorg en moeite daarin gaan om 'n nuwe parfuum te vind." - Christian Dior

Sofia Coppola was die regisseur van dié inspirerende Miss Dior-advertensie

Verwante artikels

  • Charlize oor Dior J'adore

    Charlize oor Dior J'adore

    SARIE Januarie 2010

    Charlize is al ses jaar lank die gesig van Christian Dior se “goue” parfuum, J’adore. Sy vertel oor haar 'liefdesverhouding' met dié geur.

  • Die lewensverhaal van 'n parfuum

    Die lewensverhaal van 'n parfuum

    SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1

    In die 1920’s was parfuums gewoonlik eenvoudige samestellings gegrond op een blomgeur. Maar Coco Chanel het gesê: “Ek wil vir vroue ’n kunsmatige parfuum gee, soos ’n rok, iets wat gemáák is.”

  • Dior dank John Galliano af

    Dior dank John Galliano af

    SARIE - Maart 2011

    John Galliano, wat sedert 1997 die kreatiewe brein van die gewilde modehuis Dior is, staan nie verniet as die "bad boy" in die modebedryf bekend nie. Hy is aan die begin van Maart 2011 afgedank nadat hy verlede week 'n paartjie in 'n restaurant uitgeskel het en videomateriaal daarvan Maandag op YouTube verskyn het.

  • Perfekte wimpers met slim tegnologie

    Perfekte wimpers met slim tegnologie

    SARIE - Maart 2011

    Nou kan ook jy lyk asof jy van die loopplank afgestap het met Dior se nuutste maskara.

Kommentaar