Foto's van ZARA se openingsaand in SA
Deur Fanie Cronjé, SARIE November 2011
Die splinternuwe ZARA-winkel in Sandton
Heinz en Aletté-Johanni Winckler het kinderklere gekoop. Heinz het op Twitter geskryf: "Ons gaan vanaand na die opening van ZARA in SA, woohoo!"
Styl-ikoon Dion Chang het op Twitter geskryf dat die openingsaand hom laat dink het aan uitgehongerde mense wat nog nooit goeie klere gesien het nie.
Sanger Danny K en sy nuwe vriendin
Supermodel Kerry McGregor
Carolyn Steyn, aktrise en eksvrou van die Saxon-magnaat Douw Steyn
Voormalige Mej. SA Vanessa Carreira
Altyd op die gastelys, Edith Venter
Kerry McGregor het haar regisseur-vriend Josh Lindberg gegroet
Net ‘n paar van die modieuse klere wat jy by ZARA kan kry
Die eerste klant van die ZARA winkel in SA, Alayne Reesberg, maak haar kopie
Nog Galerye
Die Spaanse winkelgroep ZARA het gisteraand sy deure in Sandton City oopgemaak. Die winkelsentrum spog met ʼn hele nuwe vleuel wat beloof om inkopies na ʼn heel nuwe vlak te neem. Johannesburg se sosiale vlinders, modebewustes en almal van die A- tot D-lys het letterlik tougestaan om ʼn voorsmakie te kry.
Kommentaar
Neels Muller het gesê:
Een van my seuns is n bestuurder van hierdie winkels in Londen! Hy is al met die groep vir die afgelope 5 jaar!
16de Jan. 2012, 09:51Eliza het gesê:
LUV ZARA! ABSOLUTELY FABULOUS FOR THE FASHIONISTAS!
12de Jan. 2012, 17:09