Jessica Simpson kies gewone vroue as modelle vir haar nuwe klerereeks
Ons word elke dag gebombardeer met foto's van modelle en celebs wat "opgeknap" is. En hul grootte is NUL. (Is "nul" ooit 'n klere-grootte?)
Onthou die Mei-voorblad van Marie Claire? Waar Jessica Simpson haar gesig "kaal" vir die kamera gewys het - sonder enige grimering of digitale manipulasie!
Wel, haar nuwe klerereeks is uit en dis verfrissend om te hoor dat sy besluit het om vroue soos ek en jy te kies om daarin te paradeer. (Dis immers "gewone" mense wat uiteindelik die klere gaan dra.)
Sy beplan om haar nuwe klerereeks by die New York Fashion Week te wys.
Jessica sê: "Ons almal is in die een of ander stadium obsessief oor "mooi" lyk, perfek soos 'n Barbie-pop, maar dis nie altyd mooi nie. Dit gaan daaroor om tevrede met jouself te wees."
Verwante artikels
-
Die 10 top-modelle van alle tye: Kyk wie's hulle
SARIE September 2010
Die webtuiste Handbag.com het die 10 supermodelle van alle tye gekies – vroue wat beslis hul stempel op die modewêreld gelaat het.
-
Gisele Bundchen se eko-velsorgreeks, plus foto van haar en nuwe baba
SARIE Maart 2010
Niemand sal omgee vir 'n supermodel-vel nie. Nou ja, Gisele Bundchen het pas haar eie eko-vriendelike velsorgreeks, Sejaa, bekendgestel. Sy's 'n VN-ambassadeur vir omgewingsake.
-
Julia Roberts sê nee vir Botox!
SARIE Augustus 2010
Sy's 42 en die nuwe gesig van die skoonheidshuis Lancôme.
-
Louis Vuitton, Bono op Upington
SARIE September 2010
Droë gras, bossies, heuwels en wie sou nou kon dink: Louis Vuitton!
-
Martha Stewart was 'n Chanel-model
SARIE - Oktober 2010
Het jy geweet? Dié sakereus was in haar jong dae 'n model vir die Chanel-modehuis. Hier is van dié foto's.
-
Ryk Neethling se meisie die nuwe gesig van Triumph
SARIE September 2010 | Kommentaar: 4
Die 25-jarige Tammy Farrell en meisie van swemsensasie, Ryk Neethling, is as die gesig van Triumph-onderklere vir hul 2011 advertensieveldtog aangewys.
-
Só lyk Jessica Simpson se leesboeklys - Desmond Tutu se boek is ook daar!
SARIE - Mei 2010
Hollywood-aktrise Jessica Simpson het 'n lekker leeslys vir haar Kindle aangeskaf, wat sy hierdie somer gaan lees.
















Kommentaar