Jimmy Choo: Eers skoene, nóú parfuum
Foto’s: www.jimmychoo.com Galery
Bekende skoen- en bykomstighede-reeks, Jimmy Choo, gaan binne die volgende maand hul eerste parfuum aan die Amerikaanse media bekendstel.
Dis nie seker wanneer dit die suidpunt van Afrika sal bereik nie! President Tamara Mellon het drie jaar gelede al 'n ooreenkoms met Inter Parfums, wat fyngeure van huise soos Burberry, Lanvin en Van Cleef & Arpels versprei, gesluit.
Volgens haar "was dit nog altyd my visie om die vrou ten volle met bykomstighede uit te rus en parfuum is 'n belangrike deel van die moderne vrou se klerekas." berig www.bellasugar.com.au.
Watter note en geure dié sjiek parfuum sal bevat, is steeds 'n misterie, maar soos ons Jimmy Choo ken gaan dit sexy en 'n absolute moet-hê wees!
Choo en UGG®: 'n formidabele span
Die ikoniese Australiese UGG®-stewel dra ook nou die Jimmy Choo-stempel. Kies vir jou 'n stewel met luiperdvelmotief, bling, of klinknaels uit dié beperkte en eksklusiewe reeks met supermodel Amber Valletta as die gesig van die advertensieveldtog: Paris en sus Nicky Hilton, Natalie Portman, Rachel Bilson het!

Verwante artikels
-
Akteur van Brothers and Sisters trou - Eerste foto's
SARIE - Oktober 2010
Dave Annable (31), Justin Walker in die Emmy-bekroonde TV-reeks, Brothers & Sisters, en aktrise Odette Yustman (25) het die 10.10.10 (10 Oktober 2010) ná hulle 2-jaarlange verhouding die knoop deurgehaak.
-
Bekende glans-handelsmerk vernoem skoene na aktrise
SARIE September 2010
Die luukse Franse handsak- en skoenontwerper Christian Louboutin het onlangs 'n paar hakskoene na die mode-ikoon en aktrise van Gossip Girl, Blake Lively, vernoem.
-
Elizabeth Taylor se verleidelike oë verkoop nou parfuum!
SARIE - November 2010
Die parfuum is vars en intiem, maar so ook die oë daaragter – dié van Elizabeth Taylor!
-
Guess-model Candice Boucher verklap: Sexy is...
Top Suid-Afrikaanse model, Candice Boucher, verklap wat haar daardie sensasie laat ervaar.
-
Jennifer Lopez se tweeling: Die jongste gesiggies van Gucci!
SARIE - Oktober 2010
Jennifer Lopez se tweeling is maar twee en 'n half en het reeds 'n groot modelkontrak losgeslaan!
-
Lady Gaga se vreemde rokke: Eers vleis en nou hare...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Popsensasie en mode-'cowboy', Lady Gaga, se nuutste materiaal van haar keuse is menslike hare!
-
Madonna soos sy regtig lyk
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 11
Een van die oorspronklike foto's van Madonna in die bekende Dolce and Gabbana-advertensieveltog - sonder enige Photoshop-'towerkrag' - het onlangs op die internet uitgelek.
-
Nuwe Marilyn Monroe foto's vrygestel
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Foto's wat nog nooit voorheen openbaar gemaak is nie, het nou die lig gesien van silwerdoek-ikon Marilyn Monroe.
-
VIDEO: Elma Postma in Hannon se parfuumadvertensie
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Glam Guru, Hannon, het die pragtige Elma Postma, tans aanbieder van Boer Soek 'n Vrou, gekies as die gesig vir sy Hannon-parfuumreeks, Be Glam by Day en Be Glam by Night.


















Kommentaar