Klassieke reisstyl
Met die skoolvakansies op 'n einde is reis eers iets van die verlede, maar Samsonite se nuwe dog klassieke Black Label Classic "Vintage"-reeks maak ons net lus vir reis!
Supermodel en Hollywood-aktrise, Milla Jovovich, is die gesig van dié Black Label-reeks.
Hierdie reistasse is ontwerp vir die modieuse reisiger en toegerus met wasgoedsak, skoensak en hangslot. Die klassieke kleur en vintage-leerdetail maak hierdie tasse beslis 'n belegging vir die toekoms.
Pryse wissel tussen R9 995 en R12 995 vir die Spinner-tas in verskeie groottes, en die smuktassie kos R4 695. Hierdie reeks het 'n 10-jaar-waarborg.
Vir meer inligting, skakel 031 266 0620 of besoek www.samsonite.com.
- Foto van Samsonite
Verwante artikels
-
Die klassieke baadjie - 'n slim keuse vir die kantoor
SARIE - Februarie 2010
Vir ’n immer-moderne indruk, belê in ’n baadjie.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd