Klassieke styl
Eenvoud en kwaliteit is die twee woorde wat TRENERY saamvat.
TRENERY is Woolworths se nuwe elite-handelsmerk. Dit is ontwikkel deur dieselfde span wat Country Road aan ons gebring het. Hierdie reeks se items is tydloos en elegant, met moet-hê-items soos die reënjas (R1 699), swart rok (R1 299) en hempsrok (sien gallery). Behalwe vir die ontwerpe dra die materiale soos sy by tot die luuksheid van die reeks.
"Ek wou 'n baie goed gekose, moderne reeks hê, met skoon, eenvoudige, pragtige detail. Vir my gaan hierdie versameling oor elkedag-luuksheid en die items wat tel, klassieke items wat in elke klerekas moet hang." – Sophie Holt, kreatiewe bestuurder van Country Road, die ontwerpkrag agter TRENERY
Beskikbaar by uitsoek-takke van Woolworths landwyd vanaf 20 Augustus 2009. Vir meer inligting, skakel 0860 100 987 of besoek www.woolworths.co.za.
- Foto van SDR Photo & Woolworths
Verwante artikels
-
Die klassieke baadjie - 'n slim keuse vir die kantoor
SARIE - Februarie 2010
Vir ’n immer-moderne indruk, belê in ’n baadjie.




















Kommentaar