Lady Gaga se vreemde rokke: Eers vleis en nou hare...
Popsensasie en mode-'cowboy', Lady Gaga, se nuutste materiaal van haar keuse is menslike hare!
Sy het verlede week by die Oak Room in New York opgedaag in 'n uitrusting wat uit hare gemaak is en met gom en toutjies bymekaar gehou is. Visnekkouse en Alexander McQueen-skoene het die uitrusting afgerond.
Dit volg nadat sy onlangs 'n volledige uitrusting - van haarstuk, rok tot skoene - van repe vleis na die MTV-musiektoekennings gedra het. Dít het selfs nou 'n nekstuk geïnspireer! Gelukkig is dit darem nie van regte vleis gemaak nie...
En by die onlangse John Lennon-huldeblykkonsert het sy konsertgangers verder geskok deur 'n deurskynende katpak te dra (John Lennon sou sy 70ste verjaarsdag op 9 Oktober gevier het).


Verwante artikels
-
Die moet-hê swart rok vir 'n altyd 30-voorkoms
SARIE - Julie 2009
Reeds in 1926 bekend gemaak deur Coco Chanel– en steeds ’n klassieke staatmaker vir enige vrou, enige ouderdom, enige tyd.
-
Jimmy Choo: Eers skoene, nóú parfuum
SARIE - Oktober 2010
Bekende skoen- en bykomstighede-reeks, Jimmy Choo, gaan binne die volgende maand hul eerste parfuum aan die Amerikaanse media bekendstel.
-
Lady Gaga se eksentrieke styl beïnvloed mode- en skoonheid-tendense
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 9
Sy is seker een van die vreemdste mense op ons planeet, maar terselfdertyd is Lady Gaga ook een van die gewildste kunstenaars wat nou leef! Sy druk haar stempel af oral waar sy gaan – nie net op die musiekbedryf nie, maar ook in modekringe.
-
SA Ontwerper maak rok uit 12 000 kondome!
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Lara Klawikowski, wat ná vier jaar 'n hoërdiploma aan die Cape Town College for Fashion Design verwerf het, se kondoom-rok en -baadjie (waarvoor sy 12 000 kondome gebruik het!), het vanjaar baie reaksie uitgelok by die 2010 Design Indaba in Kaapstad.



















Kommentaar
Lucille het gesê:
Dis beter as vleis
12de Mar. 2011, 20:26Karin het gesê:
Gagga ja, lady - nee!
5de Okt. 2010, 20:51Marianne het gesê:
KYK .... die vrou is S I E K!!! al maak sy baie geld met haar siek brein.... goeistes!!!!
5de Okt. 2010, 15:30Silvi het gesê:
Kan die vrou normaal wees????????????
5de Okt. 2010, 12:06Heila het gesê:
ag nee wat! sommer klaar naar....
5de Okt. 2010, 11:09