Marion Cotillard is die gesig van die Lady Dior-handsak
Dié Oscar-wenner, bekend vir haar rol as Edith Piaf in La Vie en Rose, gaan oor die volgende 2 jaar in 4 Dior-kortflieks speel
Die eerste in die reeks, getiteld The Lady Noire Affair, is geskiet deur die La Vie en Rose-regisseur Olivier Dahan en is geïnspireer deur die flieks van Alfred Hitchcock. Die tweede is getiteld Lady Rouge.
Die 4 kortflieks sal in 4 verskillende stede afspeel en sal elke keer saamval met die bekendstelling van 'n Dior-klerereeks. Die storielyn sal Dior-liefhebbers laat asem ophou vir die volgende kortfliek. Leidrade en vrae, soos "Wat is die titel van die boek in haar sak?", en "Waarom is sy nou in New York" op die Lady Dior Twitter-blad sorg vir ekstra opwinding.
Kyk die The Lady Noire Affair:
Kuier agter die skerms:
Verwante artikels
-
'n Geur-eerste in SA
SARIE Maart 2010
Die vinnigste man ter wêreld, die 23 jarige Usain Bolt, is pas aangewys as die gesig van Puma se nuutste parfuum.
-
Charlize oor Dior J'adore
SARIE Januarie 2010
Charlize is al ses jaar lank die gesig van Christian Dior se “goue” parfuum, J’adore. Sy vertel oor haar 'liefdesverhouding' met dié geur.
-
Dior dank John Galliano af
SARIE - Maart 2011
John Galliano, wat sedert 1997 die kreatiewe brein van die gewilde modehuis Dior is, staan nie verniet as die "bad boy" in die modebedryf bekend nie. Hy is aan die begin van Maart 2011 afgedank nadat hy verlede week 'n paartjie in 'n restaurant uitgeskel het en videomateriaal daarvan Maandag op YouTube verskyn het.
-
Ikoniese handsakke
SARIE - Oktober 2009
Hierdie handsakke is bekender as sommige Hollywood-sterre. Gesog, begeerlik, gesofistikeerd. Een van hulle is selfs die hoofkarakter in 'n eie kortfliek!
-
Jennifer Aniston en Gerard Butler op die rooi tapyt
SARIE Maart 2010
Hier is foto's van die 'paartjie'by die onlangse New Yorkse premiere van hul fliek, The Bounty Hunter. Kyk ook uit vir 'n eksklusiewe onderhoud met Gerard Butler hier op sarie.com.
-
Perfekte wimpers met slim tegnologie
SARIE - Maart 2011
Nou kan ook jy lyk asof jy van die loopplank afgestap het met Dior se nuutste maskara.
















Kommentaar