Martha Stewart was 'n Chanel-model

SARIE - Oktober 2010

Het jy geweet? Dié sakereus was in haar jong dae 'n model vir die Chanel-modehuis. Hier is van dié foto's.

Dié suksesvolle entrepreneur en eienaar van die Martha Stewart-ryk het in die sestigerjare model gespeel vir legendariese mode-ontwerper Coco Chanel. Ontwerper Karl Lagerfeld het dit onlangs aan een van die Vogue-hoofredakteurs, André Leon Talley, verklap. Die inkomste wat sy deur modelwerk verdien het, het haar deur universiteit gekry. En kyk waar is sy vandag!

Dié New Jersey-boorling het haar passie vir tuinmaak, kook en tuiste-skep in 'n suksesvolle sakeryk omskep en het al die Forbes 100-lys vir rykste mense in Amerika gehaal.

Die webtuiste, www.styleit.com, het van dié foto's gepubliseer - met byskrifte in Martha se eie woorde.

Martha Stewart as modelMartha Stewart as model

Verwante artikels

Galery

  • marthastewart.jpg
  • Martha Stewart as model
  • martha2.jpg
  • Martha Stewart as model

Kommentaar