Matriekafskeidrok-wenner 2011 - foto's

SARIE Februarie 2012

Meer as 700 inskrywings, ’n SARIE-paneel van 14 – onder wie ons 2011-Voorbladgesigwenner, Alrie Velleman – honderde kommentare op sarie.com en Facebook... en uiteindelik nét 1 wenner! Sy is Helène Herholdt, oudleerling van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

"Ek het soos 'n movie-ster gevoel in my goue rok." Helène op sarie.com

Helène Herholdt en haar metgesel Danie Marais

Hieroor wen sy, sê ons beoordelaars

  • Maksimum impak met eenvoudige styl
  • Die rok pas by haar lyf en ouderdom
  • Die rok is pret én elegant
  • Haar bykomstighede is nommerpas
  • Haar hare is los en natuurlik
  • Sy het moeite gedoen, maar nie oorboord gegaan nie

"Skitter en glans is groot vir 2012. Van blinkers op jou rok tot blinkers op jou skoene – dis die jaar om uit te blink" - Amaria Carstens, SARIE-moderedakteur

"Jy wil net weer en weer en weer kyk!" Alrie Velleman, SARIE se Voorbladgesigwenner 2011

Helène Herholdt, ons matriekrok-wenner vir 2011 By haar droomrok het Helène ‘n handsakkie gedra wat haar ma se beste vriendin jare gelede uit Indië saamgebring en as klein dogtertjie vir haar present gegee het.
Danielle Margaux - ontwerp Danielle Margaux, die Kaapse ontwerper van Helène se wenrok, sê dié elegante, sexy rok van blinkertjies in skakerings van goud en brons het ’n "skoolmeisie in ’n beeldskone vrou met selfvertroue omskep".

DIE INSPIRASIE: TAYLOR SWIFT

Taylor Swift

FOTO BO: Gallo Images/Getty Images

Verwante artikels

Galery

  • Helène Herholdt
  • Helène Herholdt en haar metgesel Danie Marais
  • Helène Herholdt, ons matriekrok-wenner vir 2011
  • Danielle Margaux - ontwerp
  • Taylor Swift

Kommentaar

  • Ag nee wat!! Duidelik is daar nie deur al die inskrywings gaan kyk nie!

    24ste Jan. 2012, 14:34
  • Ek sal ook gese geluk, maar beslis nie 'n treffer.

    20ste Jan. 2012, 14:11
  • As daar nou regtig 'n wenner moes wees is dit Adele Munnik in daardie pragtige groen rok! Sy lyk asemrowend in die rok, dit het nou die "wow" faktor!!

    20ste Jan. 2012, 13:27
  • Pragtig! Elegant en stylvol - ek stem 100% saam met die beoordelaars.

    20ste Jan. 2012, 13:00
  • WOW!!! Ongelooflik mooi - nes die beoordelaars sê: eenvoudig, elegant, natuurlik, NIE oorboord NIE!!! Nes die Kapenaars dit doen... BAIE GELUK Helene, jy't goeie smaak!

    20ste Jan. 2012, 12:52
  • Absoluut 'n TREFFER!! Welgedaan Danielle en Helene!

    20ste Jan. 2012, 10:49
  • Baie mooi! Verdien om te wen.

    20ste Jan. 2012, 10:37
  • Beautiful, stylvol, elegant en vroulik, ons Suid Afrikaners moet leer dan min en eenvoud is eintlik stylvol, dankie tog dat daar tog nog mense is wat die aanvoeling vir styl het, ek kry so 'n kleintjie dood in die kamstige celebs wat hulle so goedkoop maak deur uitspattig te wees, nogmaal baie geluk dis eenvoudig pragtig.

    20ste Jan. 2012, 10:21
  • Baie geluk Helene, dit is soos hulle se, "less is more", jy was nie oordadig in jou bykomstighede of grimering nie. Stylvol en ellegant!

    20ste Jan. 2012, 09:50
  • Geluk aan Helene! Ongelukkig nie my smaak nie en nie een van my top 3 nie. Die rok sê vir my net mooi niks nie. 'n Wenrok moet darem die X-factor hê en dit was vir my baie plain. Gelukkig verskil smaak, anders was die lewe baie ververlig!

    19de Jan. 2012, 14:34