Nuwe Afrika-geïnspireerde modes

Deur Amaria Carstens, SARIE Augustus 2010

Vanaf 16 Augustus 2010 sal die ontwerpe van Lalesso, Sway en Thulare Monareng in uitsoektakke van Woolworths beskikbaar wees.

Al drie se reekse het 'n sterk Afrika-gevoel. Sway is bekend vir hul handgetekende Afrika-patrone, terwyl Lalesso bekend is vir sterk kleure met 'n Keniaanse invloed. Thulare Monareng se ontwerpe reflekteer haar lewensverhaal.

Woolworths groet met dié stap die twee ontwerpers Maya Prass en Stephen Quatember wat ons kaste betower. Volgens Woolworths is sy mikpunt om meer ontwerpers so onder die publiek se aandag te bring.

Pryse in hierdie reekse sal wissel van R450 vir rokke, R350 vir rompe en R250 vir toppies.

Vir meer inligting, kontak 0860 100 987 of besoek www.woolworths.co.za.

  • Foto van Simon Deiner / SDR Photo

Verwante artikels

Galery

  • Alice en Olivia van Lalesso
  • 'n Rok van Lalesso
  • 'n Rok van Sway