Dié twee aktrises het 'n ding of twee gemeen ...

Deur Amaria Carstens

Michelle Williams vertolk die rol van Marilyn Monroe in My week with Marilyn, maar dié twee het meer gemeen as 'n kort blonde kapsel.

Byna vyftig jaar ná haar dood, kan mense nog steeds nie genoeg kry van Marilyn Monroe nie. Met My Week with Marilyn kan oud en jonk hul inleef in die wel en wee van hul gunsteling seksbom, in 'n uitstekende vertolking van Michelle Williams. 


Michelle het met haar uitmuntende spel in Januarie die Golden Globe vir Beste Aktrise in 'n Musiekbyspel of Komedie ontvang. In 1960 het Marilyn Monroe dieselfde toekenning ontvang vir haar rol in Some Like it Hot. Michelle is ook vir 'n Oscar benoem vir dié rol – haar tweede benoeming. Marilyn self is egter nooit vir 'n Oscar benoem nie. Met hernieude entoesiasme fokus ons op Marilyn se vroulike kurwes, en daar's niks beklemtoon dit beter as 'n oorvourok nie. Klik hier om te sien hoe lyk dit in ons winkel.
Die immergroen oorvourok (R600), Tart

  • Foto van Ster-Kinekor

Verwante artikels

Galery

  • My week with Marilyn
  • Die immergroen oorvourok (R600), Tart
  • Die immergroen oorvourok (R600), Tart

Kommentaar