Elegante winter 2010
Foto’s: Phyllis Green Galery
'n Nuwe, luukser swart-en-wit-voorkoms vir Nicci Boutique.
Vir 'n voorsmaak van die komende winter se warmste mode-tendense en moet-hê-items soos die fyn gebreide trui, is Nicci Boutique in die Hyde Park-winkelsentrum op 10 Maart die plek om te wees. Nie net sal jy hier kan skouers skuur met glanspersoonlikhede en fashionistas nie, jy kry ook 'n geskenkpak as jy R500 of meer bestee.
Boonop het die boetiek 'n nuwe, luukser swart-en-wit-voorkoms, met onder meer kandelare en Venisiese spieëls, om jou koopervaring nog meer spesiaal te maak. Takke in Cavendish, die V&A Waterfront, Cedar Square en Melrose Arch het ook reeds dié nuwe elegante voorkoms, terwyl Sandton City binnekort volg.
Vir meer inligting, skakel 011 262 4141.
*SARIE – April 2010: Bruin viskose-top (R699) van Nicci Boutique.

Verwante artikels
-
Fyn gebreide trui vir die aand
SARIE - April 2010
Met herfs wat aan ons voordeur klop, is 'n fyn gebreide trui net die ding.
-
Fyn gebreide trui vir die dag
SARIE - April 2010
Die geskeurde jeans-voorkoms gee aan 'n fyn gebreide trui 'n gemaklike naweek-gevoel.


















Kry jou SARIE oral, enige tyd