Winter 2010: Mode-trends uit Kaapstad
Ons bly nie verniet in die land van die groot 5 nie! Wees Kaatjie van die baan in gesofistikeerde luiperdvelmotiewe.
WENKE:
* Dra luiperdvelmotief net saammet swart, steenkleur of bruin.
* Vermy ander patrone daarmee saam.
* Saam met fluweel skep dit 'n luukse wintervoorkoms.
Serp van wolmengelstof
R290
Jo Borkett
Kry jou nuutste winter trends in jou Mei 2010 uitgawe van SARIE
Inspirasie van oorsee:
Isabel Marant se herfs 2009 - winter 2010-reeks tydens Parys modeweek.
- Foto van Simon Deiner/SDR Photo
Verwante artikels
-
Dra luiperdmotief klassiek
SARIE - Mei 2010
Tydlose kledingstukke soos 'n oorvourok en reënjas verseker dat jou luiperdvel-item immerstylvol lyk.
-
Goue oorbelle saam met jou luiperdmotief
SARIE - Mei 2010
Goue juweliersware is ideaal by 'n luiperdvelpatroon. Hoe bonkiger, hoe beter.
-
Kampeer-modes is koel
SARIE - November 2010
Of jy nou van kampeer hou of nie, die kampeerstyl is hoogmode dié somer. Dink aan khaki, gebleikte olyfgroen, taankleure en room.
-
Luiperdvelmotief vir 'n altyd 30-voorkoms
SARIE - Mei 2010
Enige luiperdvelmotief by jeans spel informele sjiek.
-
Modetrends: Winter 2010
SARIE - Mei 2010
Met die allergrootste sokkertoernooi op ons voorstoep kry ons klerekaste ook dié winter woema van regoor die wêreld.
-
Wat jy nie van Errol Arendz geweet het nie
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 3
Mode-ontwerper Errol Arendz verklap 5 dinge wat jy nie van hom geweet het nie...
-
Winter 2010: Mode-trends uit Berlyn
SARIE - Mei 2010
Duitse stylvolle presisie word gevier op die modefront–dis ’n raakvat-winter.
-
Winter 2010: Mode-trends uit Milaan
SARIE - Mei 2010
Mamma mia! Vroulike styl is hoog mode en die paparazzi se kameras flits dag en nag.
-
Winter 2010: Mode-trends uit Moskou
SARIE - Mei 2010
Die Rooiplein se ysigheid vra luukse teksture soos fluweel en kunspels vir ’n glansryke, bont winter.
-
Winter 2010: Nuutste mode-trends uit Sydney
SARIE - Mei 2010
’n Stad vir speel, maar ook vir styl. Steel die kollig met struktuur en sterk skouers.
























Kommentaar
Anja het gesê:
Ek is versot op klassieke Afrika motiewe (nie slegs dierepatrone nie maar alle afrika geinspireerde ontwerpe)- nie die tipiese 'Kruger wildtuin-gordynmotiewe nie'! Ek dink dit is deel van almal wat hier woon en grootgeword het. Selfs internasionaal is mense steeds mal daaroor en lyk dit nie of hulle genoeg daarvan kry nie, veral as dit op 'n stylvolle wyse gebruik word. Ek maak 'n reeks handsakke van leer en materiaal wat ek hier in Suid-Afrika kry (slegs plaaslike ontwerpers). Kyk gerus na my webblad www.blossombags.co.za
13de Mei. 2010, 13:22