Penelope se denims
As jy na die bekendstelling van Penelope Cruz se nuwe fliek, Vicky Christina Barcelona, genooi word, gaan jy sekerlik die kans gebruik om 'n bietjie op te dress. Nie Penelope Cruz nie...
Sy't daar opgedaag met jeans en 'n baadjie. Want sien, denim is 'n stylvolle item wat perfek pas by die nuwe neiging om nie op te dress nie, maar áf: "dressed down".
En jeans is vir almal, want daar's 'n snit wat enige lyf pas. Kyk maar na die nuwe reeks met daardie loslit-gevoel wat einste Penelope en Monica Cruz saam met Mango ontwerp het. Vir meer inligting: 011 783 7907, 021 418 0916, www.mango.com
Wyepyp - perfek vir breë heupe.
Stewelpyp - maak mooi kurwes nog mooier.
Noupyp - die regaf-figuur word sexy.
Regafpyp - die perfekte kombinasie tussen stewel- en noupyp.
Ons hou ook van die denim-webtuiste van Ronald Sassoon: www.ronaldsassoon.com. Hier kry jy 'n kykie binne-in Ronald se woonstel - hy nooi jou sy studeerkamer in, sy kombuis, leefarea, selfs sy slaapkamer.
Verwante artikels
-
Aktrise Diane Kruger - die nuwe gesig van L’Oréal
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Aktrise Diane Kruger is pas aangewys as een van die nuwe gesigte van L’Oréal.
-
Aspoestertjie blog: Denimania!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Lees die nuutste blog oor denim deur sarie.com se mode-trend-blogger.
-
Claudia Schiffer praat eksklusief met SARIE
SARIE - November 2009
Haar gesig het al op meer as 500 voorblaaie verskyn. Nou is die Duitse model Claudia Schiffer op 39 die gesig van ’n splinternuwe geur vir D&G.
-
Eksklusief: Nicole Kidman praat met sarie.com
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Sy's weer in 'n musiekblyspel wat beloof om 'n lokettreffer te wees. In Nine speel sy teenoor nog groot name soos Penélope Cruz, Sophia Loren, Judi Dench, Marion Cotillard en Kate Hudson. Sy vertel meer oor haar lewe Keith en Sunday Rose.
-
Mode wat die planeet beskerm
SARIE - November 2009
Die ontwerpe van die Ipanema Gisele Bündchen-sandale (vanaf R160) vir somer 2009 is geïnspireer deur die lewensiklus van water.
-
Penélope Cruz trou
SARIE Julie 2010
Die nuus is pas uit! Die pragtige Spaanse aktrise, Penélope Cruz (36), en haar liefde, mede-Spanjaard en akteur Javier Bardem (41), is stil-stil by 'n vriend se huis in die Bahamas getroud.
-
Wen 'n armband met egte Swarovski-kristalle
SARIE - April 2010
Jy kan 'n prag-armband met kristalle van Swarovski wen om die musiekblyspel, Nine, te vier. Skryf nóú in!


















Kry jou SARIE oral, enige tyd