SA model Katryn Kruger 'n sensasie in Parys
Foto’s: Gallo images/Getty images Galery
Jy’t haar eerste in SARIE gesien! Die jong Kaapse model Katryn Kruger is ’n sensasie in
Parys, waar sy pas
met een van die grootste komplimente in die modewêreld vereer is.
Haute couture is die toppunt van die modebedryf, waar dit gaan oor eksklusiwiteit, die asembenemendste ontwerpe, die fynste handwerk, versamelstukke vir die heel rykstes.
Dié modeparades is elke model se droom. Niemand anders nie as Katryn het so pas die vertoning van Valentino se Haute Couture Lente/Somer 2012-reeks by die Paryse Modeweek geopen én afgesluit.
Sy het ook op die loopplanke verskyn vir top-ontwerpers Giambattista Valli en Elie Saab.
Dis dié grootste kompliment vir ’n model, en iets wat net die heel groot name soos Kate Moss en Claudia Schiffer beskore is.
VALENTINO HAUTE COUTURE

GIAMBATTISTA VALLI

Verwante artikels
-
16-jarige Katryn Kruger dié model om dop te hou!
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 7
Afrikaans en skaars 16, maar die modewêreld gons dat sy dié model in 2012 gaan wees!
-
Kaapse model in Prada se nuwe advertensieveldtog
SARIE Januarie 2012
Katryn Kruger, die Afrikaanse meisie van Durbanville, pryk tussen top internasionale modelle in Prada se splinternuwe advertensieveldtog.



















Kommentaar
michéle opperman het gesê:
Hierdie meisie gaan GROOT hoogtes bereik (inteendeel sy het alreeds!) U GO KATRYN!!
8ste Mar. 2012, 07:57