Kaapse model in Prada se nuwe advertensieveldtog
Katryn Kruger, die Afrikaanse meisie van Durbanville, pryk tussen top internasionale modelle in Prada se splinternuwe advertensieveldtog.
Die pragtige Katryn het met die intrapslag top-modehuise in die wêreld met haar ongelooflike skoonheid en grasie oorrompel. Einde verlede jaar was sy een van Givenchy se topmodelle tydens hul Givenchy Lente/Somer 2012-modeskou in Parys.
En nou is sy een van die modelle wat gekies is vir die Prada Somer 2012-advertensieveldtog. 'n Ongelooflike sege vir 'n Suid-Afrikaanse model wat slegs sowat 'n jaar lank al modelwerk doen.
Die veldtog is deur die legendariese fotograaf, Steven Meisel, geskiet. Die klerereeks is geïnspireer deur motors uit die 1950's – vandaar die outydse petrolstasie as agtergrond. Kyk ook uit vir die bekende vlampatroon wat met drag racing geassosieer word. Die interessante skoene het selfs 1950's motorliggies in die hakke.
Dis sexy, vroulik en optimisties!
FOTO: Katryn (regs op die foto's) in die Prada Somer 2012-advertensies


- Foto van Prada
Verwante artikels
-
16-jarige Katryn Kruger dié model om dop te hou!
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 11
Afrikaans en skaars 16, maar die modewêreld gons dat sy dié model in 2012 gaan wees!
-
Cindy Crawford se dogter ook nou model
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 2
Supermodel van die tagtigerjare, Cindy Crawford, se dogter, Kaia, volg in Ma se mooie voetspore.
-
Onse Katryn met die mode-wêreld aan haar voete
SARIE November 2011
Afrikaans en skaars 16, maar sy het die internasionale modewêreld aan haar voete.
-
SA model Katryn Kruger 'n sensasie in Parys
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 1
Jy’t haar eerste in SARIE gesien! Die jong Kaapse model Katryn Kruger is ’n sensasie in Parys, waar sy pas met een van die grootste komplimente in die modewêreld vereer is.
-
SA “engel” pryk op internasionale voorblaaie
Die nuwe jaar het goed afgeskop vir die Suid-Afrikaanse model Candice Swanepoel, een van die besbetaalde modelle ter wêreld in 2011.
















Kommentaar